Oorleef Droefheid: Oordenkings vir Ouers in RouVoorbeeld

Surviving Sorrow: Devotions for Parents in Mourning

DAG 4 VAN 5

Voel dit of jy hierdie leesplan al lank gelede begin het? Hoe kan dit nou eers dag vier wees? Die lewe sonder jou kind kan soos 'n ewigheid voel. Op dae van diepe rou voel dit asof jy in sementskoene loop terwyl jy 'n nat kombers dra. Die lewe sleep stadig voort.

Tog voel dit soms of jou kind nou net hier was. 'n Oomblik gelede was sy nog bo in haar kamer. 'n Uur gelede het hy nog met jou oor die foon gepraat. Dit voel so onwerklik. Jy is seker jou kind sal by die huis wees wanneer jy daar aankom. Is dit werklik al 'n maand? 

Jou dae word nou in "voor" en "na" verdeel. Tyd word nou vir altyd in twee gedeel: die tyd saam met jou kind ... en sonder jou kind. Dae wat heel normaal voel ... en die dae wat voor ons uitstrek. Ons wil ons nie eens die res van ons lewens voorstel nie. 

Ons wag op hemelse hoop. Ons wag op 'n ewige heerlikheid waar God al ons trane sal afdroog. Waar daar geen droefheid meer sal wees nie, "geen leed, smart en pyn nie" (Openbaring 21:1-7). Wat sal ons doen wanneer ons dae hier op aarde voor ons uitstrek ver bokant ons vermoë om dit te hanteer? Waarheen sal ons ons wend wanneer dit voel of daar geen moontlike manier is om vir nog 'n jaar uit te hou nie? 

Ek wend my tot die verse in my Bybel wat my daaraan herinner dat my menslike lewe skaars 'n druppel in die oseaan is, in vergelyking met die ewigheid by God. Om met God in ewige heerlikheid te wees, is meer as wat my verstand kan begryp. Ek moet dus hierdie dinge in ag neem sodat ek dit in my denke kan vaslê en sodoende na 'n ewige perspektief verskuif. 

Ek verstaan hoe dit vir 'n skaduwee slegs 'n oomblik duur om deur die lig te beweeg. My lewe is so verganklik soos daardie skaduwee (Psalm 144:4). 

Ek weet hoe vinnig een asemteug neem. "In u oë is my lewensduur byna niks," (Psalm 39:5) veral in vergelyking met die hemelse ewigheid. 

"Julle is maar 'n damp wat 'n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn" (Jakobus 4:14). 

Dit beteken dus dit sal nie lank wees voor ek Austin weer sal sien nie. Om hom weer styf vas te druk is slegs 'n asemteug ver. Kort voor lank sal ek hom weer hoor lag. Vry van die gewag. Vry van hierdie pyn. Vryheid van dood en droefheid. Dis alles slegs oomblikke ver. In vergelyking met die ewigheid, is al ons dae niks nie. 

Wend jou hart hemelwaarts en laat die ewige heerlikheid toe om jou nog 'n dag te dra.  

Aangaande hierdie leesplan

Surviving Sorrow: Devotions for Parents in Mourning

Toe Kim se driejarige seun oorlede is, het sy heelwat hulpbronne oor rou gekry. Sy sê egter wat sy werklik nodig gehad het: "was iemand wat my kon raad gee om te lewe, nie net om te rou nie." In hierdie 5-dag leesplan deel Kim 'n rou kwesbaarheid, 'n diep put van wysheid en die wete van Iemand wat daar was, terwyl sy treurende ouers deur die lewe-na-die-dood-proses en die oorlewing van hartseer na verlies begelei.

More

Baie dankie aan Moody Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek https://www.moodypublishers.com/books/evangelism-and-discipleship/surviving-sorrow/