Oorleef Droefheid: Oordenkings vir Ouers in RouVoorbeeld

Surviving Sorrow: Devotions for Parents in Mourning

DAG 2 VAN 5

Wonder jy ooit of dit God ontstel hoe erg jy treur? Het ander jou al in jou verdriet probeer troos deur jou aandag hemelwaarts te rig? Ek het gehoor Christene behoort anders te treur omdat ons hoop in Christus en die ewige lewe is. 

Dit waarheid is dat selfs Jesus aan sy dissipels gesê het, as hulle Hom liefhet, sal hulle saam met Hom verheug wees omdat Hy na sy Vader gaan (Johannes 14:28). Jesus het hierdie stelling gemaak net nadat Hy hulle vertel het:

"Dit sê Ek vir julle terwyl Ek nog by julle bly; en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. 'Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie'" (Johannes 14:25-27). 

Jesus het hulle van sy dood vertel. Hy het hulle die gerusstelling gegee van die Heilige Gees se koms. Jesus wou hê dat die dissipels moes verstaan, ongeag waarvoor hulle na sy dood te staan sou kom, hulle vrede sou hê. Sy vrede. Die vrede van die Heilige Gees, die Gees van God. 

Dit my vriend, is die enigste manier waarop jy sal oorleef. Ons moet na die vrede van God roep om oor ons te spoel. Ons mag vra dat vrede ons pyn sal vervang. Slegs God het die mag om hierdie wond te heel. Tog, wanneer hierdie droefheid oorweldigend voorkom, dink dan aan hierdie feit: Selfs Jesus het in sy droefheid gehuil (Johannes 11:25). 

Iets treffend is, Jesus was met droefheid oorweldig, selfs al het Hy beplan om oor 'n paar minute die dooie man te laat opstaan! Jesus was diep geraak toe Hy Marta en Maria se droefheid teëgekom het. Jesus het gehuil. Hy het nie die mense berispe wat in rou oor Lasarus gehuil het nie. Trouens, selfs Marta en Maria het vir Jesus gekonfronteer met: "Waar was U?" en "As U hier was sou my broer nie gesterf het nie!" Jesus het hulle nie bestraf omdat hulle Hom bevraagteken het of in hul angs uitgeroep het nie. Inteendeel, Hy was oorkom met deernis vir hulle (Johannes 11). Jesus het gehuil. Al het Hy beplan om vir Lasarus uit die dood te laat opstaan, het Jesus gehuil oor die droefheid wat die dood bring. 

Ek glo Jesus ween ook saam met ons in ons droefheid. Volgens die Skrif hou God ons trane in sy kruik en teken elkeen aan:

"Ú het my omswerwinge getel; hou my trane in u kruik; is hulle nie in u boek nie? (Psalm 56:9 AFR53). 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Surviving Sorrow: Devotions for Parents in Mourning

Toe Kim se driejarige seun oorlede is, het sy heelwat hulpbronne oor rou gekry. Sy sê egter wat sy werklik nodig gehad het: "was iemand wat my kon raad gee om te lewe, nie net om te rou nie." In hierdie 5-dag leesplan deel Kim 'n rou kwesbaarheid, 'n diep put van wysheid en die wete van Iemand wat daar was, terwyl sy treurende ouers deur die lewe-na-die-dood-proses en die oorlewing van hartseer na verlies begelei.

More

Baie dankie aan Moody Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek https://www.moodypublishers.com/books/evangelism-and-discipleship/surviving-sorrow/