Die Nuwe Testament in 90 DaeVoorbeeld

The New Testament in 90 Days

DAG 80 VAN 90

Inleiding tot 3 Johannes

Die skrywer stel homself bekend as "die oudste," net soos in 2 Johannes. Geleerdes beweer dat Johannes die einde van sy lewe bereik het en volgens die geskiedenis, was hy die langslewende dissipel. Hy het waarskynlik hierdie boek ook op die eiland Patmos, ongeveer 90 n.C. geskryf. 

Johannes het hierdie brief aan Gaius geskryf, 'n vooraanstaande Christen in 'n kerk wat hy geken het. Johannes het Gaius gehelp met probleme wat hy in die gesig gestaar het, asook met die hantering van Diotrefes wat blykbaar 'n kerk wou oorneem en selfs reisende sendelinge verban het. Johannes het voorheen vir Diotrefes tereggewys, maar hy het nie op Johannes ag geslaan nie. 

Inleiding tot Judas

Die skrywer van hierdie boek is Judas, 'n broer van Jakobus, en dus 'n half-broer van Jesus Christus. Net soos in die geval met Jakobus, het Judas eers na die opstanding tot geloof in Jesus gekom. Daar is onsekerheid wanneer Judas hierdie boek geskryf het, maar geleerdes beweer dit was tussen 67-80 n.C. 

Judas se brief was kort en kragtig. Gedurende die eerste eeu is die kerk baie deur kettery en valse leringe geteister, dus het Judas se brief die kerk uitgedaag om waaksaam in hul geloof te wees deur standpunt teen kettery in te neem. 

Aangaande hierdie leesplan

The New Testament in 90 Days

Reis oor die volgende 90 dae deur die 260 hoofstukke van die Nuwe Testament. Vanaf die evangelies van Matteus, Markus, Lukas en Johannes tot by die laaste boek, Die Openbaring, sal God met jou praat regdeur die leringe van hulle wat deur ons Verlosser herskep is.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.