Die Nuwe Testament in 90 DaeVoorbeeld

The New Testament in 90 Days

DAG 81 VAN 90

Inleiding tot Die Openbaring

Ons weet dat Johannes die skrywer van die boeke: 1, 2 en 3 Johannes is, asook Die Openbaring, want hy noem sy naam vier keer deur die loop van die 22 hoofstukke. Sy oorspronklike gehoor was die sewe kerke in Asië — Efese, Smirna, Pergamum, Tiatira, Sardis, Filadelfia en Laodisea. Dit word aanvaar dat hy Die Openbaring ongeveer 95 n.C. geskryf het, terwyl hy op die eiland Patmos 'n banneling was omdat hy die goeie nuus van Jesus verkondig het. 

Die Openbaring se oorsprong is uit 'n Griekse woord vir apokalips wat vernietiging op 'n groot skaal beteken. Hierdie boek gee dus die akkuraatste weergawe van die komende verdrukking waar hulle wat nie deur die bloed van Jesus bedek is nie, geoordeel sal word. Daar is baie simboliese beelde in die boek. Die kernboodskap van die boek word in die laaste vier hoofstukke vertel — Christus se oorwinning oor die bose en die nuwe wêreld vir gelowiges. 

Aangaande hierdie leesplan

The New Testament in 90 Days

Reis oor die volgende 90 dae deur die 260 hoofstukke van die Nuwe Testament. Vanaf die evangelies van Matteus, Markus, Lukas en Johannes tot by die laaste boek, Die Openbaring, sal God met jou praat regdeur die leringe van hulle wat deur ons Verlosser herskep is.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.