Die Nuwe Testament in 90 DaeVoorbeeld

Inleiding tot Galasiërs
Paulus het ongeveer 49 n.C. hierdie brief aan die kerke in Galasië geskryf. Hy het hulle gehelp om die kerk te stig en het 'n sterk verhouding met hulle gehandhaaf. As gevolg hiervan, het sy woorde aan hulle krag gehad en het hy nie gehuiwer om in vrymoedigheid met hulle te praat nie. Baie geleerdes beweer dat Paulus die kwaadste was toe hy hierdie brief geskryf het, want hy was bekommerd dat die mense deur valse leraars mislei word en hy wou hulle help om op die weg van waarheid te bly.
Paulus se begeerte was om eensgesindheid onder die Joodse en heidense Christene te sien. Die Judaïste het probeer om die heidense gelowiges te oortuig om die Joodse wette te onderhou. Paulus het egter verduidelik dat geregtigheid deur geloof in Christus bewerk word en nie deur godsdienstige bepalings nie.
Aangaande hierdie leesplan

Reis oor die volgende 90 dae deur die 260 hoofstukke van die Nuwe Testament. Vanaf die evangelies van Matteus, Markus, Lukas en Johannes tot by die laaste boek, Die Openbaring, sal God met jou praat regdeur die leringe van hulle wat deur ons Verlosser herskep is.
More