Die Nuwe Testament in 90 DaeVoorbeeld

The New Testament in 90 Days

DAG 45 VAN 90

Inleiding tot 1 Korintiërs

Die apostel Paulus is die skrywer van hierdie brief aan die kerk in Korinte. Hy het die mense goed geken, want hy het die kerk gestig en het kontak met die gemeente behou. Die kerk het hoofsaaklik uit heidene bestaan. Geleerdes beweer dat hierdie brief ongeveer 55 n.C. geskryf is, wat beteken dit was teen die einde van Paulus se 3-jaar reis deur Efese. 

Ernstige probleme het in die kerk voorgekom en daar was sake wat aandag geverg het. Omdat hulle verdeeld was, het Paulus hulle uitgedaag om saam te werk om sodoende die evangelie van Jesus te bevorder. In die brief draai hy nie doekies om nie en huiwer nie om intense onderwerpe kaalkop te takel nie omdat hulle aan sonde deelgeneem en dit goedgepraat het. 

Aangaande hierdie leesplan

The New Testament in 90 Days

Reis oor die volgende 90 dae deur die 260 hoofstukke van die Nuwe Testament. Vanaf die evangelies van Matteus, Markus, Lukas en Johannes tot by die laaste boek, Die Openbaring, sal God met jou praat regdeur die leringe van hulle wat deur ons Verlosser herskep is.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.