Die Nuwe Testament in 90 DaeVoorbeeld

The New Testament in 90 Days

DAG 50 VAN 90

Inleiding tot 2 Korintiërs

Dit is die tweede brief wat Paulus aan die Korintiërs geskryf het. (Volgens geleerdes was daar nog briewe wat hy aan hulle geskryf het, maar wat verlore geraak het.) Soos ons weet, het hy die eerste brief aan hulle geskryf om hulle sondige weë reg te stel. Die meeste mense het sy aanmaning ter harte geneem. Hierdie tweede brief is waarskynlik tussen 55-57 n.C. geskryf.

In hierdie tweede brief aan die Korintiërs skryf Paulus op 'n persoonliker trant omdat hy dinge uit sy eie lewe met hulle deel. Hy bevestig sy liefde en toewyding aan hulle, maar voel ook die behoefte om sy outoriteit as apostel te verklaar. 

Aangaande hierdie leesplan

The New Testament in 90 Days

Reis oor die volgende 90 dae deur die 260 hoofstukke van die Nuwe Testament. Vanaf die evangelies van Matteus, Markus, Lukas en Johannes tot by die laaste boek, Die Openbaring, sal God met jou praat regdeur die leringe van hulle wat deur ons Verlosser herskep is.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.