Leesplan inligting

Wanneer Jy Deur Moeilike Tye GaanVoorbeeld

Going Through Hard Times

DAG 4 VAN 4

Die Wagkamer



Ons het al almal mense die frase "in die tussentyd" hoor gebruik, terwyl hulle op iets wag. Wanneer ons in die "wagkamer" is, kan die "tussentyd", terwyl ons vir ons genesing of 'n wonderwerk wag, partykeer nogal erg wees, nie waar nie? 



Wat doen ons dus in die tussentyd? Hoe behou ons die geloof en vertroue in God dat Hy werk wanneer ons dit nie kan sien nie? Hier is 'n paar voorstelle:



Loof Hom In Jou Pyn

Een van die belangrikste dinge wat ons in ons pyn kan doen, is om God te aanbid. Hy is dit elke dag waardig. Wanneer ons aan alles dink wat Hy vir ons gedoen het en die ewigheid wat ons saam met Hom gaan deurbring, hoe kan ons anders? Fokus op God se eienskappe: Hy is ewig, onveranderlik, almagtig, volmaak, genadig en Hy is altyd alomteenwoordig. Ons gee God eer en lof voordat ons uit ons beproewing kom of voor ons die uitkoms ontvang wat ons begeer.



Hou Aan

Te midde van die pyn kan jy dalk net swakheid aan jou kant sien, nie die geestelike spiere wat groei of hoe sterk jy word nie. Met elke herhaling van gebed, aanbidding, lees uit die Woord van God en vertroue in sy beloftes, word jou gees versterk. Dit is in ons swakheid wat sy krag volmaak word. Baie sê dat beproewings ons maak of breek. Vertrou dat joune jou maak.



Stort Jou Hart Uit

Al die pyn wat jy dra, maak God nie bang nie. Hy is volkome in staat om jou vrae, vrese en selfs jou woede te hanteer. Hou net aan om na Hom toe te kom. Beproewings kan ons laat vashou aan Christus, of van Hom laat wegvlug. Klou aan Hom vas. Jy begryp dalk nie nou hoekom die swaarkry nog in jou lewe is nie. Dit is wanneer jy die waarhede wat jy geleer het toe dinge maklik was, in die praktyk toepas. Dit is 'n daaglikse oorgawe en vertroue.



Hou die Ewigheid in Gedagte

Ons oë moet gevestig wees op die ewigheid. Wanneer ons fokus op die sigbare, dan fokus ons op die tydelike. Dit is egter die onsienlike, wanneer God agter die skerms werk, wat ewig is. God bereik dinge in ons, deur ons en vir ons en ja, selfs met ons. Kom ons lê geduld aan die dag terwyl ons kyk hoe sy volmaakte tydslyn in vervulling gaan.  



Terwyl jy jou wagkamertyd verduur, moet jy nie bang wees om terug te kyk om jou vooruitgang te sien nie, want jy hét vooruitgang gemaak. Hou dan aan om die volgende treë te gee. Jy weet nooit wanneer jy skielik 'n opening in jou geestelike wolke sien nie. Die dag wanneer jy dink jy kan nie verder nie, is dalk die dag van jou deurbraak. 



Oordink




  • Wanneer jy in die wagkamer van jou lewe is, vra God om aan jou iets wys wat Hy elke dag in en deur jou doen. 

  • Watter vers in vandag se Skrifgedeelte vind die meeste aanklank by jou? Skryf jou gedagtes neer. 

Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Going Through Hard Times

Dit is onvermydelik om voor moeilike tye en omstandighede in ons lewens te staan te kom. Hierdie kort 4-dag leesplan sal ons bemoedig met die wete dat ons nie alleen is nie, God het 'n doel met die pyn en Hy sal dit vir ...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid