Leesplan inligting

Wanneer Jy Deur Moeilike Tye GaanVoorbeeld

Going Through Hard Times

DAG 2 VAN 4

Hoekom Ons Versoekings en Beproewings Ondervind 



Beproewings veroorsaak dat die eerste woord wat ons uiter, waarom is. Beproewings en versoekings is moeilik, pynlik en maak ons terneergedruk, daarom vra ons gewoonlik: "Hoekom gebeur dit met my?" , sonder om ooit die antwoord wat ons hierop verwag te ontvang. Ons geloof word hierdeur getoets en dikwels oorweldig twyfel ons omdat ons eie begeertes getoets word. 



Ons het reeds in Dag 1 uitgevind Jesus leer ons dat ons moeilikheid sal hê. Die lewe van Christus se volgelinge is nie sonder moeilikhede nie. Ons leef in 'n gebroke en gevalle wêreld saam met gebroke en gevalle mense wat gebroke en gevalle dinge doen. Natuurlik sal daar altyd beproewings wees. Mense sal dinge doen wat ons beïnvloed. Ons sal dinge wat onsself en ander mense beïnvloed. Sonder dat ons dit moedswillig doen, veroorsaak ons dade soms pyn in die lewe van ander, miskien ook in ons eie.



Die volgende is enkele redes hoekom ons deur beproewings gaan:



Geestelike Ontwikkeling

Ongeag hoe beproewings ons lewens binnedring, kan hulle gebruik word as 'n middel om ons te versterk en ons karakters en geloof te ontwikkel. Wanneer ons dinge beleef wat ons geduld en uithouvermoë toets, kan ons óf meewerk en dit toelaat om ons te versterk óf ons kan aanhou om daarteen te veg. Dit is werklik moeilik om toe te laat dat ons gevorm word deur moeilike omstandighede, maar wanneer ons toelaat dat dit ons suiwer, is die produk wat gelewer word 'n meer Goddelike weergawe van onsself en vir seker die moeite werd.



Gevolge van Keuses

Daar is 'n harde werklikheid wanneer dit by keuses en die gevolge daarvan kom. Dikwels is ons beproewings en moeilike tye 'n direkte gevolg van hoe ander hulle lewens lei of hoe ons ons lewens lei. Ons kan ly as gevolg van iemand anders se optrede of dié van onsself. Sommige dade is sondig en wanneer dit so is, is die gevolge glad nie goed nie. 



Geestelike Aanvalle

Ons gee aan die Satan, ons geestelike vyand, óf te veel eer óf ons onderskat hom. Elke slegte ding wat met ons gebeur is nie altyd sy skuld nie, maar hy speel wel 'n rol in die slegte omstandighede wat ons in die gesig staar. 



Op dag 3 van die leesplan sal ons dieper delf in hoop-gevulde Skrifgedeeltes, wat ons sal wys dat God altyd alles vir ons ten goede laat meewerk en ook om die wêreld te beïnvloed. 



Oordink




  • Dink terug aan 'n beproewing wat jy deurgemaak het. Dink jy dit was 'n karaktertoets as gevolg van 'n keuse of 'n geestelike aanval? Skryf jou gedagtes neer.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Going Through Hard Times

Dit is onvermydelik om voor moeilike tye en omstandighede in ons lewens te staan te kom. Hierdie kort 4-dag leesplan sal ons bemoedig met die wete dat ons nie alleen is nie, God het 'n doel met die pyn en Hy sal dit vir ...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid