Leesplan inligting

Wanneer Jy Deur Moeilike Tye GaanVoorbeeld

Going Through Hard Times

DAG 3 VAN 4

Hoe God Beproewings Gebruik



Soos ons deur die uitdagende tye in ons lewens gaan, kan ons een van twee dinge doen: groei of stagneer. Daar is ook geen veroordeling as jy teenoor God ontsteltenis voel wanneer moeilike tye jou pad kruis nie. Ons het almal al so gevoel, maar as ons Hom soek, sal ons Hom vind. Een van die maniere hoe ons weet dat ons geloof gedurende die moeilikhede groei, is wanneer die "hoekom"-vrae verander na "hoe"-vrae. 



Hoe gaan U dit in my lewe gebruik?

Hoe gaan U ander beïnvloed deur hierdie beproewing in my lewe?

Hoe gaan U deur hierdie verwoesting die goeie na vore laat kom?



Daar is 'n baie gewilde gesegde onder Christene wat lui: God vermors niks nie. Dit is ons algehele, hoopvolle waarheid. Ongeag of ons in ongewensde, uitdagende omstandighede beland het; of dit ons eie keuse was wat ons daarnatoe gelei het; God sal elke krieseltjie daarvan gebruik om ons lewens los te koop, ander te beïnvloed en eer te ontvang. Kom ons bespreek wat God met ons pyn doen.



Hy Verander Ons

Wanneer ons deur uitdagende beproewings gaan wat ons diep seermaak, wil ons meestal net "daaroor kom." Om egter werklik oor iets te wees moet ons eers daardeur gaan. Ons moet deur die pyn werk, dit wat ons harte breek, hanteer om by die genesing aan die anderkant uit te kom. Soos ons deur storms in ons lewens gaan, sal ons sterker word. 



Hy Verander Ander

Baie mense gaan deur uitdagings in hul lewens wat uiteindelik aan hulle die ondervinding gee wat geen formele onderrig kan nie. Ons het dalk nie almal 'n universiteitsgraad nie, maar ons is almal deskundiges in ons soort pyn. God sien dit en gebruik ons as sy instrumente om ander te help. Paulus skryf in 2 Korintiërs 1:4 dat "Hy ons bemoedig sodat ons ook ander kan bemoedig." Hy laat ons nie deur die diepste, donkerste teëspoed gaan net om te sê dat ons daardeur is nie. Nee, sy begeerte is dat ons die vertroosting wat Hy ons gee ook met ander sal deel. 



Romeine 8:28 sê dat God alles ten goede laat meewerk. Nie net sekere goed nie maar alles. God het die ergste ding wat ooit kon gebeur — Jesus se dood aan die kruis — laat meewerk om die verlossing van die mensdom teweeg te bring. Hoe erger die pyn, hoe groter is die geleentheid vir God se verlossing om pragtig vertoon te word. Met elke verhaal van verlossing ontvang God die eer omdat Hy die tragedies in ons lewens in oorwinnings verander. 



Op die finale dag van hierdie leesplan sal ons bepreek hoekom ons uitdagende tye langer duur as waarvan ons hou. Gedurende die wagtyd sal ons leer hoe om God meer te vertrou en in ons geloof te groei.



Oordink




  • Wat was die mees uitdagende beproewing wat jy al deurleef het? Hoe kan jy die pyn gebruik om die lewe van ander te beïnvloed?

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Going Through Hard Times

Dit is onvermydelik om voor moeilike tye en omstandighede in ons lewens te staan te kom. Hierdie kort 4-dag leesplan sal ons bemoedig met die wete dat ons nie alleen is nie, God het 'n doel met die pyn en Hy sal dit vir ...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid