Leesplan inligting

Wanneer Jy Deur Moeilike Tye GaanVoorbeeld

Going Through Hard Times

DAG 1 VAN 4

Hou Moed



As jy nou deur 'n moeilike tyd in jou lewe gaan, kan jy verseker wees dat jy nie alleen is nie. Die feit is dat 100% van die wêreld se bevolking een of ander moeilike omstandighede of tye in hulle lewens sal ondervind. Dit is deel van die lewe, of jy nou tans een beleef, nou net deur een is, of na een op pad is. Dis vir niemand lekker om deur moeilike tye te gaan nie. Dink so 'n bietjie daaroor na — het jy al ooit iemand ontmoet wat dit geniet om deur 'n moeilike tyd te gaan? Heel moontlik nie. 



Geen medikasie kan voorkom dat ons deur moeilike tye gaan nie, en geen positiewe denke of selfspraak kan verhoed dat ons moeilike tye beleef nie. Alhoewel dit voel of ons die enigste mense is wat deur moeilike omstandighede gaan, is dit nie so nie. 



Ons kan bemoediging vind in wat Jesus ons in Johannes 16:33 geleer het: "In die wêreld sal julle dit moeilik hê." Hy het geweet waarteen ons te staan sou kom — 'n wêreld vol verdorwenheid, sonde, haat en 'n geestelike vyand wat ons wil vernietig. Gelukkig het Hy ook gesê: "hou moed" want "Ek het die wêreld klaar oorwin.” Ons hoef nie ontmoedig te leef in 'n ontmoedigende wêreld nie. Ons kan steeds 'n vol, ryk lewe lei in die wete dat ons uiteindelik die oorwinning sal behaal.



Jesus het vir een rede aarde toe gekom — die mensdom. Hy het gekom om ons te red en die ewige lewe te bied. Dikwels word mense geleer dat as ons ja sê vir Jesus en Hom as ons Verlosser aanneem, ons nie moeilike tye sal ondervind nie. Dit is glad nie waar nie. 



Hierdie leesplan sal ook nie die ware uitdagings wat jou in die gesig staar, uitskakel nie, dit sal ook nie enige hartseer wat jy tans verduur, wegneem nie. Ons vertrou egter dat dit jou met krag sal vul en die moed gee om die volgende tree te gee. Jy hoef nie vandag reeds twintig treë te gee nie — net die volgende een. Dan neem jy môre nog een. Ons gaan sommige van die waarom's oor ons pyn bespreek en hoe ons die angswekkende paaie wat hulle teweegbring kan aandurf. 



Terwyl ons hierdie tema bespreek, vertrou ons dat jy sal besef hoe lief God jou het, hoe Hy jou pyn vir sy doel gebruik en hoe Hy jou van binne-af sal verander. Sy planne vir jou is net goed, selfs deur en in jou pyn. Ons moedig jou aan om met hierdie leesplan vol te hou sodat jy beter kan verstaan.



Oordink




  • Wat gebeur tans in jou lewe wat al jou gedagtes oorheers? Skryf neer wat jy graag wil hê moet gebeur. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Going Through Hard Times

Dit is onvermydelik om voor moeilike tye en omstandighede in ons lewens te staan te kom. Hierdie kort 4-dag leesplan sal ons bemoedig met die wete dat ons nie alleen is nie, God het 'n doel met die pyn en Hy sal dit vir ...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid