Leesplan inligting

Ek is DankbaarVoorbeeld

I'm Grateful

DAG 4 VAN 4

Ek Sal Elke Seëning In Lofprysing Verander



Volgelinge van Jesus — en selfs mense wat oor God onseker is — reageer dikwels op tragedie deur eers 'n beroep op God om hulp te doen en daarna sy bedoelinge te bevraagteken. Hoe dit ook al sy, probleme het 'n manier om ons van ons afhanklikheid van God bewus te maak. In hierdie oomblikke wanneer ons net vir Hom het, besef ons hopelik ook dat Hy al is wat ons nodig het.



Ons lees in die Bybel dat dit geen geestelike oefening vir Job was nie. Hy het die werklike verlies ervaar van alles wat hy die meeste in sy lewe gekoester het. Wat was sy reaksie? In Job 1 vers 21b sien ons die frase: "... Prys die Naam van die Here."



In beide beproewing en seëning, bring 'n dankbare hart lof terug aan God. Wanneer ons God nie vir sy seëninge loof nie, berei ons vrugbare grond voor vir die skadelike sade van trots in ons harte. Gedagtes soos: “Ek verdien dit, ek het daarvoor gewerk, en ek het dit gedoen,” begin dan wortel skiet en oorskadu God se voorsienigheid in ons lewens. Wanneer ons eerder God se seëninge met lofprysing beantwoord, berei ons vrugbare grond voor vir God om oorvloedig meer te doen as wat ons ooit kon vra of dink.


Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

I'm Grateful

Dankbaarheid verander wat ons het, in genoeg. Hierdie 4-dag leesplan van Life.Church sal jou help om 'n dankbaarder perspektief te ontdek. Begin lees uit deel twee van die reeks "Bly Positief" wat uit ses gedeeltes besta...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid