Leesplan inligting

Ek is DankbaarVoorbeeld

I'm Grateful

DAG 1 VAN 4

Wees Die Een



Tien melaatses is wonderbaarlik genees. Hierdie wonderwerk het nie net 'n aaklige en pynlike siekte genees nie, maar dit het ook hierdie mans vrygemaak om na hulle families terug te keer en weer by hulle gemeenskappe aan te sluit. Alles het verander as gevolg van wat Jesus gedoen het, maar net een het teruggekom om Hom te bedank.



Vir ons is dit duidelik dat Jesus letterlik vir hierdie mans hulle lewens teruggee het. Hoekom sal al tien dan nie terugkeer om Hom uitbundig te dank nie? Dit is maklik om die ander nege te veroordeel, maar miskien wou Jesus juis hê dat ons op die één fokus. Jy sien, net soos met die melaatses, het Jesus aan elkeen van ons 'n splinternuwe lewe gegee. Gaan jy die een wees wat dankbaar is? Gaan jy jou daaglikse gewoonte van dankbaarheid laat groei deur die besef van wat Jesus vir jou gedoen het?



Probeer dit: Nooi 'n paar vriende uit om hierdie week saam met jou deur hierdie leesplan te werk. Kom dan bymekaar en bespreek jou nuwe, dankbare perspektief.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

I'm Grateful

Dankbaarheid verander wat ons het, in genoeg. Hierdie 4-dag leesplan van Life.Church sal jou help om 'n dankbaarder perspektief te ontdek. Begin lees uit deel twee van die reeks "Bly Positief" wat uit ses gedeeltes besta...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid