Leesplan inligting

Ek is DankbaarVoorbeeld

I'm Grateful

DAG 3 VAN 4

Ek Sal Nie Toelaat Dat Wat Ek Wil Hê My Beroof Van Wat Ek Het Nie



Tevredenheid en dankbaarheid is nie identies nie, maar hulle is beslis verwant. Tevredenheid is naby die beginpunt van die pad na 'n dankbaarder ingesteldheid.



Dit is, byvoorbeeld, moeilik om dankbaar te wees vir iets wat jy ontvang het wanneer jy terselfdertyd meer van daardie einste ding wil hê. Dink aan kleuters wat vir lekkers dankie sê omdat hulle ontdek het dit is 'n manier om nog te kry. Is hulle bly oor die lekkers? Ja. Is hulle egter tevrede met wat hulle reeds ontvang het? Waarskynlik nie. 'n Dankbare gesindheid is om te besef dat God ons die goeie gegee het wat ons het; om met lofprysing te reageer, en dan te glo dat sy goedheid genoeg is. Tog kom ons dikwels na God met 'n kleuter-mentaliteit van: "Dankie. Nog asseblief."



Hoe keer ons dat ontevredenheid ons van die besef van God se algenoegsame voorsiening aan ons beroof? Ons leer om te sê: “Dankie Vader. U is genoeg.” Wanneer ons dit doen, sal ons agterkom dat dankbaarheid dit wat ons het na genoeg verander.



Probeer dit: Kyk om jou en begin God dan dank vir die dinge wat jy sien. Begin vandag met 'n lys van dinge wat Hy vir jou gedoen het. Deel dit hierdie week in 'n gesprek of plaas dit op sosiale media.

 
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

I'm Grateful

Dankbaarheid verander wat ons het, in genoeg. Hierdie 4-dag leesplan van Life.Church sal jou help om 'n dankbaarder perspektief te ontdek. Begin lees uit deel twee van die reeks "Bly Positief" wat uit ses gedeeltes besta...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid