Leesplan inligting

Maak 'n KopskuifVoorbeeld

Get Out Of Your Head

DAG 3 VAN 5

Dink waaroor jy dink



Dit maak saak dat ons leer om ons denke gevange te neem, want hoe ons dink bepaal hoe ons lewe.


Leuens soos: Ek is hulpeloos, ek is waardeloos, ek is nie geliefd nie, vorm ons denke, emosies en die manier waarop ons op die wêreld om ons reageer. Hulle vang ons in hulle kringloop van depressie, verdraaidheid en pyn vas, wat ons daarvan weerhou om die waarheid te herken wat ons behoort te glo. Die mees nadelige ding is dat hulle die manier waarop ons na God kyk, verander. Elke leuen wat ons oor onsself glo, spruit uit wat ons oor God glo. 


Kom ons sê ek is geneig om waardeloos en deursigtig te voel. Dan lees ek Efesiërs 1 en ontdek dat God, omdat Hy my baie liefhet, my kies en my aanneem. Al ontken ek nie openlik die geloofwaardigheid van hierdie aanname nie, twyfel ek tog of dit van my waar is. Ek stem saam met die waarheid, maar ek neem dit nie ten volle in sodat dit my identiteit vorm nie. 


Sê nou maar my huweliksmaat is 'n werkesel. Ek voel dat ek nie in die huwelik raakgesien word nie, wat dan my diepste vrees, dat ek waardeloos en deursigtig is, bevestig. Selfs in die onbenulligste argument met my huweliksmaat, voel ek angstig en begin my gedagtes in die rondte tol. Dit gebeur elke keer as my huweliksmaat kortaf met my is. 


Ek sien nie raak watter laste op sy skouers rus nie, ek kan nie meegevoel hê met sy spanning nie en my behoeftes is groter as sy vermoë om dit te bevredig. 


Kort voor lank baklei ons gedurig en ons weet nie eens hoekom nie. My huweliksmaat het nou (in my gedagtes) 'n vyand geword en dit voel of hy nooit kan sê wat ek graag wil hoor of die man wees wat ek wil hê hy moet wees nie. 


Die spiraal van my gedagtes het nou my verhoudinge binnegedring en my vreugde en vrede gesteel. 


Totdat ek daardie leuen verwerp dat God se liefde nie vir my bedoel is nie, sal my emosies, besluite, gedrag en verhoudinge verdraaid bly in die verkeerde geloof dat ek waardeloos is. 


Wanneer ons nadink oor ons gedagtes, dalk vir die eerste keer, kan ons die afwaartse spiraal stopsit. Ons kan 'n ommekeer maak en ons gedagtes in 'n ander rigting stuur. Dis ons hoop. Nie dat ons teen elke vrees sal baklei nie, maar dat ons God sal toelaat om ons gedagtes tot so 'n mate te vul, dat ons vrese in vergelyking daarmee, klein sal wees. 


Here, ek wil hê dat U en u waarhede my gedagtes beheer! Amen.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Get Out Of Your Head

Voel jy soos 'n slagoffer van jou malende gedagtes? Is jy dikwels die prooi van toksiese denkpatrone soos angs, depressie of skuldgevoelens? Ons sielevyand is vasberade om ons hulpeloos, oorweldig en onbekwaam te laat vo...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/540868/get-out-of-your-head-by-jennie-allen/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid