Leesplan inligting

Maak 'n KopskuifVoorbeeld

Get Out Of Your Head

DAG 1 VAN 5

Elke gedagte gevange geneem— Regtig?



Ons het eens op 'n tyd gedink dat ons denke onveranderlik is. Die brein waarmee jy gebore is, en die manier waarop dit werk — of nie werk nie — was maar "net soos dit is"; mens hoef jou nie te verknies oor iets wat nie kan verander nie. Ons weet nou dat die brein gedurig aan die verander is, of ons dit doelbewus doen of nie. 


Met dit in gedagte — en in die hoop dat ek sou ontdek hoe ons bevry kan word van ons malende denkpatrone — het ek die brein begin bestudeer. Ek het 'n patroon raakgesien wat in elkeen van ons teenwoordig is. Ons emosies lei na gedagtes en daardie gedagtes beïnvloed ons besluite en ons besluite bepaal sekere optredes en dan vorm die optredes ons verhoudinge, en dit alles neem ons weer terug na óf gesonde, óf ongesonde gedagtes. 


Ons gaan al in die rondte, in 'n spiraal wat voorkom of dit buite beheer is en hierdie eindelose kringloop bepaal ons lewens. 


Neerdrukkend ... tensy ... tensy daar 'n manier is om dit te onderbreek.


Wat sou gebeur as ons eerder die kern van die probleem soek, in plaas daarvan om energie te mors om die simptome te probeer behandel? In werklikheid is ons emosies 'n neweproduk van die manier waarop ons dink. Die goeie nuus is dat ons ons denke kan verander. 


Die apostel Paulus het hierdie oorlog, wat in ons gedagtes aan die gang is, verstaan; hoe ons omstandighede en verbeelding wapens kan word wat ons geloof en hoop ondermyn. Sy verklaring is in die Bybel aangeteken: "Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak" (2 Korintiërs 10:5).


Neem elke gedagte gevange? Is dit enigsins moontlik? Eerlikwaar, my gedagtes gaan dikwels in uiteenlopende rigtings. My bestudering van die brein se werking het bevestig wat die Bybel sê: ons kan elke gedagte gevange neem. Ons gedagtes kan verander word en ons kan dit self verander. 


Hemelse Vader, help my om uit die kringloop van my onbeheersde gedagtes te breek. Ek wil hê dat u waarhede elke besluit, emosie en gedagte van my binnedring. Amen.


  


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Get Out Of Your Head

Voel jy soos 'n slagoffer van jou malende gedagtes? Is jy dikwels die prooi van toksiese denkpatrone soos angs, depressie of skuldgevoelens? Ons sielevyand is vasberade om ons hulpeloos, oorweldig en onbekwaam te laat vo...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/540868/get-out-of-your-head-by-jennie-allen/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid