Leesplan inligting

Maak 'n KopskuifVoorbeeld

Get Out Of Your Head

DAG 2 VAN 5

Een ding



Dis verstommend as jy daaroor dink: Hoe kan iets wat ons nie kan sien nie, so baie van wie ons is beheer, bepaal wat ons voel en doen of sê of nie, dikteer hoe ons beweeg of slaap en bepaal wat ons wil hê, wat ons haat en wat ons liefhet? 


Dit lyk onmoontlik om al ons gedagtes gevange te neem, veral as ons dink hoeveel gedagtes per minuut deur ons breine kan flits. Navorsers sê ons het meer as 30 000 gedagtes per dag. Dit beteken dat ons omtrent 31 gedagtes per minuut kry. Wat as een gedagte egter die vermoë het om ons malende gedagtegang te onderbreek en vrede in ons geestes-chaos te bring? 


Die apostel Paulus se eie lewe was 'n toonbeeld van onderbrekings. Nadat die skille van sy oë afgeval het, het sy denke om 'n algehele nuwe werklikheid begin draai. Daar was geen ander hoop, geen ander verhaal of agtergrondmusiek nie. Hy het opgehou met die dinge wat sy aandag afgelei het en op een ding begin konsentreer: "Om te lewe, is vir my Christus," het Paulus in Filippense 1:21 geskryf, "en om te sterwe, is vir my wins." Dis al — altyd — net Christus. 


Paulus het 'n geweldige kopskuif gemaak en hy was nou 'n totaal ander man. Hy was nie meer 'n slaaf van sy omstandighede of emosies nie. Paulus was nou bewus van die krag van Christus in hom, deur hom en vir hom, en het gekies om daarvolgens te leef. Paulus het nou die krag van die Gees gehad — dieselfde krag wat Jesus uit die dood laat opstaan het, en hy het gekies om daarvan bewus te wees en met daardie krag te leef. 


God het vir ons 'n plan gemaak om uit die afwaartse spiraal van ons toksiese denke te ontsnap. Ons gebruik dit egter selde. Ons is uitverkoop aan die leuen dat ons slagoffers van ons denke is, eerder as krygers wat toegerus is om in die voorste linies van die hewigste geveg van ons geslag te veg: die stryd in ons gedagtes. 


Hemelse Vader, rus my toe vir hierdie geveg teen die leuens wat ek glo oor wie ek is en wie U is. Help my om nooit soos 'n slagoffer van my denke te voel nie, want U het klaar die oorwinning behaal! Amen.


  


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Get Out Of Your Head

Voel jy soos 'n slagoffer van jou malende gedagtes? Is jy dikwels die prooi van toksiese denkpatrone soos angs, depressie of skuldgevoelens? Ons sielevyand is vasberade om ons hulpeloos, oorweldig en onbekwaam te laat vo...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/540868/get-out-of-your-head-by-jennie-allen/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid