Leesplan inligting

Die Evangelie van Markus met Francis ChanVoorbeeld

Die Evangelie van Markus met Francis Chan

DAG 5 VAN 5

Die koninkryk van God: Jesus het gekom om dit aan te kondig, dit in te wy en, as Seun van God, daaroor te heers. Markus het sy Evangelie juis so geskryf om Jesus as koning te verheerlik. Gedurende die drie jaar van Jesus se bediening het die meeste mense dit nie werklik verstaan nie. Die dissipels – selfs as deel van Jesus se binnekring – het ook nie ten volle verstaan dat Jesus se koninkryk nie die einde van die Romeinse ryk sou beteken nie. Toe Hy dus gekruisig is, het hulle gehardloop – bang, verward, treurend oor hul verlies aan Hom en onseker oor wat om te verwag.


Vandag se verhaal het ’n onwaarskynlike ondersteunende ster: ’n Romeinse offisier. ’n Soldaat wat hierdie amp beklee, was in beheer van honderd mans en het beduidende verantwoordelikhede gehad in sy gebied. Een van sy pligte het ingesluit om toesig te hou oor teregstellings en dit is waarom hierdie offisier teenwoordig was by Jesus se kruisiging.


Stel jou voor: die Romeinse offisier hoor hoe die soldate met Jesus spot. Hy sien die teken op Jesus se kruis met die besonderhede oor die aanklag teen hom. “Die koning van die Jode” (Markus 15:26). Hy het Jesus se finale woorde gehoor. Hy het gesien hoe Jesus se ma naderkom, saam met Johannes en die ander vrou wat naby hulle gebly het, die interaksie tussen Jesus en die misdadigers wat weerskante van hom aan kruise gehang het en die doelgerigte wyse waarop Jesus sy laaste asem uitgeblaas het. In die laaste drie ure was die lug ongewoon donker. Toe Jesus uitgeroep het en nie meer asemgehaal het nie, het verskeie dinge tegelykertyd gebeur: ’n aardbewing; die voorhangsel van die tempel waaragter die Heiligste van Heiliges was, het in die helfte geskeur van bo na onder; honderde grafte het oopgegaan sodat die dooies lewend uitgeloop het.


Die offisier “wat reg voor Jesus gestaan het”, het uitgeroep: “Hierdie man was werklik die Seun van God.” (Markus 15:39) Hy het dalk nie toe die volle impak van sy woorde verstaan nie. Dalk was hy verstom oor alles wat gebeur het en het hy eenvoudig bevestig dat Jesus ’n man van God is, “’n Seun van God”. Of dalk het hy besef hoe buitengewoon hierdie gebeure rondom Jesus se kruisiging was en dit het aan hom bevestig dat Jesus se aanspraak dat Hy die Seun van God is, inderdaad waar is. (Die teks is oop vir enige van die twee opsies.)


Selfs die Joodse leermeesters, wat opgelei was in die Skrif, het dit nie regtig verstaan nie – dink byvoorbeeld aan die Skrifgeleerdes wat Jesus dopgehou het terwyl Hy die verlamde man genees het. Markus het die offisier se uitroep wat Jesus se identiteit bevestig, in sy Evangelie ingesluit. Deur hierdie Romeinse offisier word ons verseker dat selfs nie-Jode Jesus as die Seun van God kan aanvaar, dat die evangelie vir alle mense bedoel is.


Aan die einde van hierdie kort oorsig oor die Evangelie van Markus, bevestig ons weereens Jesus se identiteit as die Seun van God. God het mens geword en gekom om oor sy mense te heers, maar nie soos hulle verwag het dit sou gebeur nie. Hy het gekom om die wet uit te voer, maar dit was moeilik om te aanvaar hoe Hy dit gedoen het. Op die ou end het Hy Homself geoffer om almal te verlos – nie net Jode nie, maar almal wat in Hom glo en Hom volg.


Verstaan jy dit? Het jy Jesus as koning aanvaar? Het Hy jou lojaliteit en ondersteuning? Hoe het jou geloof in Jesus jou lewe verander? Hoe beïnvloed dit jou op ’n daaglikse basis? Wie in jou lewe moet meer oor Jesus van jou hoor?


Soos Francis in die openingsvideo sê: ons moet waak daarteen dat ons Jesus wat mens geword het, as vanselfsprekend aanvaar. Dat God Homself verlaag het om mens te word om sy offer van liefde en versoening direk aan ons te gee, is ongelooflike goeie nuus en Hy verdien ons aanbidding en lojaliteit.


Baie geluk, jy het die leesplan voltooi! Om tot meer video-Bybelstudies vir jou hele kerk of organisasie toegang te kry, kliek hier  .

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Die Evangelie van Markus met Francis Chan

Voel jy dat Markus ’n baie belangrike deel van Jesus se storie oorgeslaan het? Kan ons steeds die realiteit besef dat God ’n persoon geword het, sonder om te hoor van Jesus se bonatuurlike geboorte? Die antwoord is ja. I...

More

Ons wil graag RightNow Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://za.rightnowmedia.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid