Leesplan inligting

Die Evangelie van Markus met Francis ChanVoorbeeld

Die Evangelie van Markus met Francis Chan

DAG 2 VAN 5

Een van Jesus se dierbaarste eienskappe was sy gewilligheid om in die moeilikheid te kom. Hy het dikwels die godsdienstige leiers se skynheiligheid aan die lig gebring, wat hulle baie kwaad gemaak het. In vandag se storie word ’n verlamde man na Jesus gebring. Sy vriende was dapper genoeg om deur die dak van Jesus se huis te kom om die man deur die skares te kry, in die geloof dat Jesus hom gesond kan maak. Toe Jesus hulle geloof sien, het Hy vir die man gesê: “Vriend, jou sondes word vergewe.”


Verbeel jou die man se verwarring. Wag. Wat? My sondes? Ek is hier sodat jy my bene kan regmaak.


Hier kom hy om genees te word, maar Jesus sê sy sondes is vergewe. Die toneel skuif na die toeskouers: sommige mense in die skare raak opstandig. “Dis godslastering!” dink hulle. “Wie kan sonde vergewe behalwe God?” (vers 7) Hierdie wetsgeleerdes verstaan dat Jesus op Goddelike mag aanspraak maak en sê dat Hy inderwaarheid God is. Dit is nie baie slim om Jesus in jou gedagtes te bevraagteken terwyl jy in sy teenwoordigheid is nie, want hy weet wat jy dink en sal jou daaroor aanspreek. Dit was ook hier die geval. “Wat redeneer julle by julleself hieroor?” het Hy hulle gevra.


Let daarop dat Hy Homself die Seun van die mens noem (vers 10). Hierdie titel verwys na Daniël 7:13–14, waar ’n menslike wese (seun van die mens) op die wolke ry om die koningskap te ontvang van Hom wat ewig lewe. Slegs God kan op die wolke ry, nie mense nie. Daarom dra die titel “Seun van die mens” heilige gesag en die godsdiensleiers het presies verstaan wat hy gesê het: Jesus het daarop aanspraak gemaak dat hy God self is.


Eers dan sê Jesus vir die verlamde man om sy bed op te tel en huis toe te gaan. Hy stel geestelike en fisiese genesing op gelyke vlak. Ons kan nie sien hoe die man se sondes vergewe word nie, maar ons kan sien hoe die man opstaan en loop. Jesus genees ons fisiese tekortkominge om te wys dat Hy die gesag het om geestelike genesing te bring.


Die mag wat Hy aan die jong man bewys het, is dieselfde mag wat hy vandag nog in ons lewens betoon. Eerstens het die Seun van God beheer oor ons liggame – Hy het ons in die moederskoot gevorm, oor ons geboortes wag gehou, ons laat groei en ons genees. Hy gee om vir ons menslike liggame en Hy weet hoeveel dae ons op aarde het. Soos die verlamde man en sy vriende kan ons ook tot Jesus nader in geloof en Hy sal ons krag gee, ons liggame genees en ons fisies heelmaak. Hy is verheug oor ons gebede.


Dit is belangrik dat Hy ons siele kan genees. Deur Sy opofferende dood aan die kruis, het Hy die prys vir ons sondes betaal, ons bevry van die ewige dood en ’n weg vir ons gebaan om met God versoen te raak. Die Seun van God noem ons “vriende”. (Johannes 15:15) en deur Hom word ons kinders van God genoem. (1 Johannes 3:1) Soos Hy die verlamde man vergewe het, is Hy ook gereed om jou sondes te vergewe en jou geestelik gesond te maak. Het jy Hom al gevra daarvoor?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Die Evangelie van Markus met Francis Chan

Voel jy dat Markus ’n baie belangrike deel van Jesus se storie oorgeslaan het? Kan ons steeds die realiteit besef dat God ’n persoon geword het, sonder om te hoor van Jesus se bonatuurlike geboorte? Die antwoord is ja. I...

More

Ons wil graag RightNow Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://za.rightnowmedia.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid