Leesplan inligting

Die Evangelie van Markus met Francis ChanVoorbeeld

Die Evangelie van Markus met Francis Chan

DAG 3 VAN 5

“Hou op! Bedaar!” Het jy al ooit gehoor hoe iemand in ’n gesagsposisie hierdie woorde uiter in reaksie op jou vrees en histeriese emosies? Dalk het jou pa of ma jou so gekalmeer na ’n nare droom of gedurende die spanning van jou eindeksamen. Jesus se dissipels het ook hierdie woorde op ’n ongewone wyse gehoor.


Verbeel jou die volgende:


Jy pak op na ’n lang dag waarin jy geluister het hoe Jesus die skare bedien met die Woord. Hy is moeg, jy is moeg, almal het nou rustigheid nodig. Julle begin seil oor die See van Galilea, tot by ’n stil plekkie waar julle hopelik bietjie kan rus. Jesus is so moeg dat Hy in die boot aan die slaap raak en Hy word nie eens wakker toe ’n storm die boot heen en weer op see laat dobber nie.


Die storm woed al erger – dit is “’n groot storm” en “golwe het in die skuit geslaan, sodat die skuit al begin vol word het.” (vers 37) Jy en jou vriende het al baie tyd op die water bestee (sommige van julle is vissermanne) maar hierdie storm is die ergste wat julle nog beleef het. Julle draai na Jesus.


Maar Hy is vas aan die slaap.


Hoe kan Hy slaap? Julle gaan almal binnekort sterf en Hy lê en slaap agter in die boot. Jy skud hom wakker sodat die storm hom nie oorboord gooi nie, en omdat iets in jou na Hom wil uitreik vir gerusstelling. Toe spreek Hy hierdie buitengewone woorde – nie vir jou nie, maar vir die wind en die golwe: “Hou op! Bedaar!”


Die storm word stil. Die wind gaan lê, die golwe kalmeer en jy kyk na jou vriende in uiterste angs. Die storm het dalk gaan lê, maar binne-in jou is dit chaos.


“Wie kan Hy tog wees dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?”


Dit is die Seun van God, Skepper van die aarde en bevelvoerder oor natuurkragte. Sy wil geskied. Markus het hierdie verhaal ingesluit om Jesus se mag oor die wêreld te beklemtoon, om sy identiteit as God te bevestig. Terwyl die dissipels nog nie hierdie waarheid kon verstaan nie, kan ons, aan hierdie kant van die geskiedenis, die volgende feite by Jesus se CV voeg: mag oor die menslike liggaam, mag om sondes te vergewe en mag oor die natuurkragte.


Met al hierdie bonatuurlike krag kan Christus ook die storms in jou emosies en in jou omstandighede kalmeer. Of Hy kan jou kalmeer terwyl jy deur hierdie storms loop. Hoe Hy ook al kies om in jou lewe te werk, jy moet vertroue hê in Sy vermoë om Sy wil deur te voer. Soos die dissipels, moet jy ook nie huiwer om na Hom te draai vir hulp nie.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Die Evangelie van Markus met Francis Chan

Voel jy dat Markus ’n baie belangrike deel van Jesus se storie oorgeslaan het? Kan ons steeds die realiteit besef dat God ’n persoon geword het, sonder om te hoor van Jesus se bonatuurlike geboorte? Die antwoord is ja. I...

More

Ons wil graag RightNow Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://za.rightnowmedia.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid