Leesplan inligting

Die Evangelie van Markus met Francis ChanVoorbeeld

Die Evangelie van Markus met Francis Chan

DAG 1 VAN 5

Voel jy ooit dat Markus ’n baie belangrike deel van Jesus se storie oorgeslaan het deur Jesus as volwassene bekend te stel, sonder om te vertel van sy merkwaardige geboorte? Sonder die verhaal van die geboorte kan ons egter steeds uit die openingsfrase sien dat die outeur fokus op die realiteit dat God mens geword het. Francis vra ons in die video om dit by ons te laat insink. “Het jy al werklik die impak van daardie stelling oorweeg – die gebeurtenis toe God mens geword het?” Hy bid dan soos volg: “Leer ons om die wonder opnuut te ervaar, om gefassineerd te wees met die goeie nuus van Jesus Christus, dat God mens geword het.”

Jesus se bediening begin by die gebeurtenis toe Johannes hom gedoop het. Hier sien ons die storie uit Jesus se oogpunt. Hy kom uit die water, met Johannes aan sy sy en ons hoor ’n stem uit die hemel wat sê: “Jy is my geliefde Seun.”

As jy in die kerk grootgeword, is dit dalk nie so uitsonderlik vir jou om aan Jesus as die Seun van God te dink nie. Dit is net wie Hy is, een van sy titels, die manier waarop ons oor Hom praat. Dit is alles waar. Maar Francis daag gelowiges uit om opnuut na Jesus te kyk – die Seun van God wat na die aarde gekom het as ’n mens. Nuwe gelowiges is soms baie verbaas oor hierdie menswording – die idee dat God kies om mens te word as deel van sy plan om mense van hul sonde te verlos. As gevolg van sy groot liefde vir ons, het die Skepper van die aarde, die Seun van God, mens geword, ten volle menslik, maar steeds ten volle God. Dit is ’n ongelooflike misterie. Hy het dit gedoen sodat Hy ons kan red – nie van sosio-ekonomiese probleme of militêre verdrukking nie, maar van ewige skeiding van Homself.

Wanneer jy die Evangelie van Markus bestudeer, sal jy ’n laserskerp fokus op die heiligheid van Jesus kan onderskei. Markus maak geen verskoning vir hoe hy die Seun van God aan sy lesers voorstel nie. En Francis herinner ons daaraan dat ’n man wat verklaar dat hy God is, iets is wat ons nie moet ignoreer of waarvan ons kan wegstap nie. Dit is belangrik. Hierdie aanspraak kan ons nie onderskat nie. Ons moet besluit of ons Jesus kan aanvaar soos wat Markus hom voorstel. Is Hy God? Indien wel, wat beteken dit vir ons lewens? Hoe sal daardie realiteit ons gesindheid, geloof en en gedrag beïnvloed? As jy al vir ’n geruime tydjie ’n Christen is, het jy jou fassinasie met Jesus wat die Seun van God is, die Skepper wat een van sy skepsels geword het, die heilige wat volkome menslik geword het, al verloor?

As hierdie stellings al vir jou trefkrag verloor het, bestee tyd daaraan om hierdie gedeelte in Markus te lees en konsentreer op Johannes die Doper se woorde en die doop self. Hoe is dit uniek en onvergeetlik? Hoe kan jy jou passie en opwinding oor Jesus se menswording weer terugkry?

Hierdie leesplan is geskryf deur die personeel van RightNow Media en die meegaande video-onderrig is ontwerp in vennootskap tussen Francis Chan en RightNow Media.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Die Evangelie van Markus met Francis Chan

Voel jy dat Markus ’n baie belangrike deel van Jesus se storie oorgeslaan het? Kan ons steeds die realiteit besef dat God ’n persoon geword het, sonder om te hoor van Jesus se bonatuurlike geboorte? Die antwoord is ja. I...

More

Ons wil graag RightNow Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://za.rightnowmedia.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid