Leesplan inligting

Gewaagde GebedeVoorbeeld

Dangerous Prayers

DAG 2 VAN 7

Laat U Wil Geskied 



Dit is nie lang, luide en mooi verwoorde gebede nie, maar eenvoudige, egte en opregte gebede wat God laat reageer. Eenvoudig is egter nie dieselfde as veilig nie. Dit is die rede waarom ek verplig voel om hierdie leesplan te skryf. Die grootste fout wat ek in my gebedslewe gemaak het, die rede waarom my gebede so gebrekkig was, is omdat ek te veilig gebid het. Ek was in 'n gemaksone met God. Ek was nie warm of koud nie. My gebede was lou. Veilige, louwarm gebede kan ons nie nader aan God trek of ons help om sy liefde aan die wêreld te openbaar nie.



Gebede is in wese gewaagd. Hierdie gedagte oor gebed het by my opgekom terwyl ek gelees het van Jesus wat met sy Vader in die tuin van Getsemane gepraat het, net 'n kort tydjie voor Hy sy lewe aan die kruis opgeoffer het. Omdat Jesus geweet het wat wag, het Hy die Vader gevra of daar 'n ander manier was. Jesus, wat nie 'n gewone dissipel of Bybelfiguur was nie, maar J-E-S-U-S, die Seun van God, het 'n kwesbare en gewaagde gebed van onderdanigheid gebid: "... Laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied" (Lukas 22:42).



Jesus sal ons nooit vra om iets te doen wat Hy nie self sou doen nie. Hy roep ons tot 'n lewe van geloof, nie 'n lewe van gemak nie. In plaas daarvan om jou na Hom te keer vir 'n veiliger, makliker, spanningsvrye leefstyl, daag God se Seun ons uit om die risiko te neem om ander liewer te hê as onsself. In plaas daarvan om aan ons daaglikse begeertes toe te gee, roep Hy ons om dit vir iets met ewigheidswaarde te verruil. In plaas daarvan om te lewe vir dit wat ons wil hê, sê Hy dat ons daagliks ons kruise moet optel en sy voorbeeld volg.



Dit pla my dat gebed vir baie mense is soos om 'n lotterykaartjie te koop, 'n kans om 'n probleemvrye, spanningsvrye, pynvrye lewe hier op aarde te verkry. Vir ander is gebed bloot net 'n sentimentele roetine, soos om die lirieke van jou gunsteling liedjie of geliefkoosde kleuterrympie op te sê. Nog ander bid slegs omdat hulle nóg skuldiger voel as hulle dit nie doen nie. 



Nietemin weerspieël geeneen van hierdie gebede die lewe wat Jesus vir ons kom gee het nie. 



Inteendeel, Hy het ons geroep om alles prys te gee en Hom te volg.



Jesus het nie net vir ander uitgedaag om van hul eie wil afstand te doen nie. Hy het self in gewaagde geloof gelewe. Hy het aan melaatses geraak. Genade aan prostitute bewys. Gevaar dapper in die gesig gestaar. Daarna het Hy gesê ons kan ook doen wat hy gedoen het — en nog meer.



Daarom kan ons God nie bloot vra om ons kos te seën of "vandag met ons te wees nie."



Die Bybel sê: "Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon ..." (Hebreërs 4:16a). Ons hoef dus nie versigtig nader te gaan of ongemaklik te voel nie — ons kan met selfvertroue, sekerheid en moed voor Hom verskyn. Wanneer ons só bid, sal ons "barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered word" (Hebreërs 4:16b).



Jou gebede maak saak.



Hoe jy bid maak saak.



Wat jy bid maak saak.



Jou. Gebede. Laat. God. Reageer.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Dangerous Prayers

Is jy moeg daarvan om versigtig met jou geloof om te gaan? Is jy gereed om jou vrese in die gesig te staar, jou geloof te bou en jou potensiaal vrye teuels te gee? Hierdie 7-dag leesplan van Life.Church, is gebaseer op p...

More

Baie dankie aan pastoor Craig Groeshcel en Life.Church vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid