Leesplan inligting

Vreugde: 'n Aftelling tot by KersfeesVoorbeeld

Joy: A Countdown to Christmas

DAG 3 VAN 7

Dis vir Alle Mense


Dis 'n stil sterrenag in die heuwels van Betlehem. Rondom jou hoor jy niks anders as die gesnork van skape en skaapwagters nie. Om 'n skaapwagter te wees is 'n baie eensame werk wat jou sosiaal afsny van die res van die gemeenskap. Een nag verskyn daar egter skielik 'n helder lig saam met 'n skare engele wat sê dat hulle goeie nuus van groot vreugde vir alle mense bring.


Net soos daardie skaapwagters is jy ook uitgenooi om verheug te wees oor die wonderwerk van Christus se geboorte. Dit maak nie saak wie jy is nie—die vreugde van Kersfees is vir elkeen: die rykes, die armes, die gelukkiges, die eensames, die vergetenes en die geliefdes.   


Wanneer jy vandag se Skrifgedeelte lees, staan 'n tydjie af om vir God dankie te sê vir die vreugde wat vrylik aan jou gegee is weens 'n Verlosser wat vir almal gebore is.


Bid hierdie gebed: 


Dankie God, vir die vreugde wat ek so mildelik ontvang weens die geboorte van u Seun, Jesus. Dankie dat U my by my naam roep. Vandag vra ek dat ek U sal verheerlik deur u vreugde met ander te deel. Ek het U lief en vandag kies ek om U te aanbid.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Joy: A Countdown to Christmas

Kersfees is veronderstel om 'n tyd van vreugde te wees, maar wat is vreugde nou eintlik en hoe kies jy dit as die wêreld vol hartseer en moeilikhede is? Ontdek wat "vrede op aarde" regtig beteken, deur jou in die Kersver...

More

Hierdie oorspronklike Bybelleesplan is ontwikkel en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid