Vreugde: 'n Aftelling tot by KersfeesVoorbeeld
![Joy: A Countdown to Christmas](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F17630%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die Verhaal Begin
Presies wat is vreugde?
Om dit te verklaar, moet ons teruggaan na die tyd toe God die aarde geskape het. Verbeel jou jy het so pas lewe ontvang deur die asem van God en terwyl Hy jou van die grond af ophelp, glimlag Hy vir jou. Van toe af, wanneer Hy ook al na jou kyk, glimlag Hy. Die lewe is perfek, tot die dag wat jy die enigste ding doen wat God jou verbied het om te doen. As gevolg van hierdie daad van rebellie, vervreem jy jouself van die Een wat jy ten volle geken en liefgehad het. Oombliklik word, wat bedoel was om ewige nabyheid aan God te wees, ewige verwydering van Hom.
Dis wat in Genesis 1 tot 3 gebeur het… maar gelukkig is dit nie die einde van die verhaal nie. Alhoewel die mensdom 'n fout gemaak het, het God 'n belofte gemaak dat Hy iemand sal stuur om ons gebrokenheid heel te maak en ons verhouding met Hom te herstel.
Kersfees dui die voltrekking van God se belofte aan, toe die Skepper God die vorm van 'n baba aangeneem en "God met ons" geword het. As gevolg van Kersfees kan enigiemand nou kies om in Christus te glo en permanente vreugde te ervaar wat net gebeur as jy God persoonlik ken.
Deur die loop van die volgende week sal ons kyk na verskeie Bybelse voorbeelde van mense wat hierdie lewensveranderende vreugde voorstel. Berei vandag voor vir Kersfees, deur na te dink wat die koms van die Verlosser vir mense beteken het, wat in ewige verwydering van God was, en dank Jesus dat Hy "God met ons" geword het.
Bid hierdie gebed:
God, dis as gevolg van U wat as 'n baba aarde toe gekom het, dat ek oneindige vreugde kan ervaar. Help my hierdie week om die geboorte van my Verlosser op 'n nuwe manier te waardeer. Laat die vreugde van die Kersverhaal my verander. Berei my hart vandag voor om u heerlikheid te ontvang.
Aangaande hierdie leesplan
![Joy: A Countdown to Christmas](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F17630%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Kersfees is veronderstel om 'n tyd van vreugde te wees, maar wat is vreugde nou eintlik en hoe kies jy dit as die wêreld vol hartseer en moeilikhede is? Ontdek wat "vrede op aarde" regtig beteken, deur jou in die Kersverhaal te verdiep met hierdie spesiale 7-dag Kersfees Leesplan.
More
Verwante Leesplanne
![Bid Met Verwondering Deur Kersfees](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F21993%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Bid Met Verwondering Deur Kersfees
![Goeie Nuus: Bemoediging vir 'n Wêreld in Krisis](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F19374%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Goeie Nuus: Bemoediging vir 'n Wêreld in Krisis
![Maak 'n Kopskuif](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18084%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Maak 'n Kopskuif
![Om op God te Wag](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F20231%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Om op God te Wag
![Bid God Se Waarheid Oor Jou Vrese](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F19224%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Bid God Se Waarheid Oor Jou Vrese
![Beter As Normaal](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F22106%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Beter As Normaal
![Lewende Hoop: 'n Aftelling tot Paasfees](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18960%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Lewende Hoop: 'n Aftelling tot Paasfees
![Gewaagde Gebede](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18063%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Gewaagde Gebede
![Hoe Om Mense Lief Te Hê Van Wie Jy Verskil](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F20037%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Hoe Om Mense Lief Te Hê Van Wie Jy Verskil
![Die boek Jona: Wanneer God se doel nie deel van jou planne is nie](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F48769%2F320x180.jpg&w=640&q=75)