Leesplan inligting

God By OnsVoorbeeld

God With Us

DAG 5 VAN 7

Vredevors

Wat 'n geskenk het ons in Jesus, wat sy heerlikheid in die hemel opsy gesit het om aarde toe te kom om vir ons lig, lewe en genesing te bring — Hy is waarlik 'n Koning wat verheerliking waardig is!


In Jesaja 9:6 praat God deur die profeet en voorspel die koms van Jesus — en dat as een van sy vele rolle, Hy bekend sal staan as die Vredevors, wat vertaal kan word as "Here van Vrede”. Hoe beweeg ons egter aan van sien en glo, na om werklik in waarheid te wandel en die vrede wat slegs Hy kan bied te ervaar?


In die Nuwe Testament sê Jesus vir sy dissipels: “Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin” (Johannes 16:33 NLV). Dit is nie per ongeluk dat God, toe Hy Jesus se koms aangekondig het, Hom Vredevors genoem het nie. God het geweet van die stryd wat die dissipels in die gesig sou staar en Hy weet ook van die stryd wat ons vandag stry.


So dikwels probeer ons om elke aspek van ons lewens te beheer, wat die gewig van elke situasie op ons skouers plaas, maar dit was nie sy bedoeling dat ons dit alles alleen moet dra nie. Wanneer ons besluit om ons verhouding met Jesus te prioritiseer en ons laste na Hom toe te bring, word ons vry om die bonatuurlike vrede, wat direk van Hom af vloei, te ontvang. Selfs voor die geboorte van Jesus het God ons die antwoord verskaf vir elkeen van ons bekommernisse, deur die heerskappy van sy Seun — hoe ongelooflik!


Kom ons onthou hierdie seisoen van vryheid en vrede wat vir ons in Jesus beskikbaar is. Alhoewel ons almal sekerlik deur moeilike omstandighede sal gaan, gee sy heerskappy vir ons toegang tot rus en vrede wat enigiets oortref wat ons op ons eie sou kon vermag.


Gebed: Vader, baie dankie vir die vrede wat U voorsien deur Jesus. Help my om dit altyd te onthou en in u teenwoordigheid te rus. U is met my, ongeag waarmee ek te doen kry, en U bied vrede wat alle verstand te bowe gaan — dankie!


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

God With Us

Kersfees is 'n tyd van groot vreugde, wat die geboorte van Jesus, ons Verlosser aankondig. Daar is verskeie profesieë regdeur die Bybel wat handel oor die koms van Jesus en in hierdie leesplan gaan ons na sewe name kyk w...

More

Baie dankie aan "Church of the Highlands" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://www.churchofthehighlands.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid