Leesplan inligting

God By OnsVoorbeeld

God With Us

DAG 1 VAN 7

Jesus, Ons Verlosser

In die tyd toe Jesus gebore is, het die Joodse volk 'n koning verwag wat hulle van onderdrukking sou kom verlos en 'n aardse koninkryk vestig. Wat hulle deur die geboorte van 'n kind ontvang het was baie meer as net verlossing van swaarkry en tydelike heerskappy.


In stede daarvan, vestig God sy ewige koninkryk, bewerkstellig Hy 'n weg na verlossing, versoen Hy ons met Homself en bring Hy hoop vir 'n gebroke wêreld. Alhoewel baie van die Jode dit toe nie ten volle kon begryp of waardeer nie, en soos ons Vader is, voorsien Hy baie meer as wat ons verwag.


Voor die koms van Jesus was die wêreld vasgevang in slawerny van sonde en God se volk moes gereeld offers vir Hom bring vir versoening. Alhoewel dit 'n pragtige gebaar van God was om genade vir sy volk te bied deur die Ou Testamentiese wet, hoe ongelooflik was dit nie dat Hy vir Jesus as mens gestuur het om ons te kom verlos van die slawerny van sonde en die uiteindelike versoeningsoffer te bring!


In 1 Timoteus 1:15 lê apostel Paulus dit baie duidelik uit watter groot gawe ons in Jesus, ons Verlosser het: "Dit is 'n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Van hulle is ek die grootste.” Voor sy redding het Paulus die Christene vervolg en tog stort God sy oorvloedige genade op hom uit, werk deur hom om die grootste gedeelte van die Nuwe Testament te skryf en die evangelie oor die wêreld te versprei.


Jesus verwys ook na die oorvloedige genade van God in sy gelykenis van die ongenadige dienskneg waar Hy sê: “Die koning het hom jammer gekry, hom laat gaan en sy skuld afgeskryf.” Hy neem dit nog 'n stap verder deur te leer hoe verlossing ons behoort te beïnvloed om 'n lewe van vergifnis en genade met diegene om ons te leef. Jesus laat dit ook weerklink in die sendingopdrag aan sy dissipels met sy aanduiding dat verlossing nie iets is wat geheim gehou moet word nie, maar aangevuur en gedeel moet word.


Kom ons kyk hierdie Kersfees na die ongelooflike waarheid dat ons deur Jesus die grootste geskenk ontvang het. Dit maak nie saak wat ons gedoen het, waar ons was of wat ons van onsself dink nie — ons is vergewe en hoef nie langer die skuldlas van ons eie sonde en mislukking te dra nie. Ons kan voortgaan met vertroue en in vryheid, met die wete dat Jesus die heerskappy van sonde en dood oor ons lewens verbreek het en ons verlos het van 'n skuldlas wat ons nooit sou kon betaal nie. In Hom het ons hoop en die belofte van die ewige lewe — wat 'n rede om fees te vier!


Gebed: Vader, dankie dat U my so lief het dat U u Seun gestuur het om 'n weg te maak vir my om 'n ewige verhouding met U te kan hê. Herinner my hierdie Kersfees hoe lief U my het en hoeveel ek vir U beteken en gee my die vrymoedigheid om die goeie nuus van wat U in my lewe gedoen het met diegene om my te deel.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

God With Us

Kersfees is 'n tyd van groot vreugde, wat die geboorte van Jesus, ons Verlosser aankondig. Daar is verskeie profesieë regdeur die Bybel wat handel oor die koms van Jesus en in hierdie leesplan gaan ons na sewe name kyk w...

More

Baie dankie aan "Church of the Highlands" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://www.churchofthehighlands.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid