Leesplan inligting

Landbouweekblad Hart tot hartVoorbeeld

Landbouweekblad Hart tot hart

DAG 2 VAN 7

As God nie saamgaan nie 


Vandag wil ons saam met Moses bid – daardie aangrypende gebed wat in Eksodus opgeteken is.


Dit sal vir my onmoontlik wees om te tel hoeveel keer ek min of meer dieselfde gebed gebid het. Dit was nie net konstant my nuwejaarsgebed nie, maar tussen Nuwejaarsdag en Oujaarsdag het ek dit met elke nuwe probleem herhaal. Ek stel dit in my eie woorde: “Here, as U nie met my saamgaan nie, laat ek dan nie voortgaan nie” (vgl. Eks 33:15).


Jy moet eers vir Moses probeer verstaan om jouself te verstaan, voor jy 'n behoefte sal hê om só te bid. Moses was bang – behoorlik bang. Hy moes ’n opdrag uitvoer waarvoor hy nie kans gesien het nie. Daar was so baie op die spel. As hy misluk, sou mense spottend vra: Is dit nie God wat jou die opdrag gegee het nie? Is jy só min werd? Moses is bang en ek verstaan dit so goed. Hy waag dit werklik om aan God ’n voorwaarde te stel – ’n voorwaarde wat nie verwaand is nie, maar wat juis sy oneindige groot respek bevestig. As God saamgaan is hy bereid om te gaan.


My eerste gebed in die môre begin min of meer met dieselfde woorde: “Here, gaan asseblief saam met my en met almal wat vir my dierbaar is. En as U nie saamgaan nie, laat ek asseblief nie verder gaan nie.”


En nou, ten slotte, hierdie vraag: “Wil jy nie hierdie gebed jou eie maak nie?”

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Landbouweekblad Hart tot hart

Vir die afgelope 49 jaar skryf ds. Kobus van der Westhuysen al die Hart tot hart-rubriek vir Landbouweekblad. Ds. van der Westhuysen skryf in gewone taal vir gewone mense. Hy verstaan die hart van ’n boer en weet dat boe...

More

Ons wil graag NB Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.luxverbi.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid