Leesplan inligting

Die Feestye van die HereVoorbeeld

Die Feestye van die Here

DAG 4 VAN 5

PROFETIESE ASPEKTE


Die profetiese aspekte van die vervulling van die feeste wat na Christus heenwys sien ons in die:



  • Pasga – die dood van die ware Lam van God aan die kruis, waardeur die gelowige geregverdig word deur die geloof in die bloed van Christus en so verlossing in Christus ervaar.

  • Ongesuurde brode – die begrafnis van Christus. Vir die gelowige, reiniging en verwydering van sonde.

  • Eerstelingsgerf – die opstanding van Christus. Die gelowige wandel in ‘n nuwe lewe en het die waarborg van die opstanding.

  • Fees van die weke (Oesfees) – Christus se belofte van die uitstorting van die Heilige Gees (Pinkster). Die gelowige, gevul met die Heilige Gees-krag, bring die oes in en is ook self deel van Christus se oes.

  • Trompetgeklank – voorbereiding vir die koms van Christus. ‘n Oproep vir gelowiges om gereed te wees.

  • Versoendag – Christus is ons sondeoffer wat ons skuld wegneem.

  • Fees van die insameling (loofhuttefees) – Christus sal sy oes inbring, dit word voleindig met Sy wederkoms. Die gelowige gaan ook finaal in die rus van God in en sal ewig met Christus woon. Die fees het in die sewende maand plaasgevind. Die getal sewe is die getal van volheid en volkomenheid. Met die fees word die gelowige gebring in die volheid van die Godheid.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Die Feestye van die Here

Ons lees in die boek Levitikus dat die Here met Moses gespreek het rakende die heilige samekomste: “Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige samekomste...

More

Ons wil graag Raymond Lombard Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.raymondlombard.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid