Leesplan inligting

Die Feestye van die HereVoorbeeld

Die Feestye van die Here

DAG 2 VAN 5

DIE FEESTYE VAN DIE HERE


Die feestye word verder in Levitikus 23 soos volg uiteengesit:



  • Pasga en die fees van die ongesuurde brode en die Eerstelingsgerf (Lev 23:5-6; 10-14; Eks 12:1-20). Hierdie drie feeste is saam gevier om die uittog uit Egipte te herdenk (Eksodus 11-12). Dit het op die 14de dag van die eerste maand begin en ‘n week lank geduur. In die eerste maand op die 14de van die maand, teen die aand, is die pasga van die Here... en op die 15de dag van die maand is die fees van die ongesuurde brode van die Here; “sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet”. Die fees van die eerstelingsgerf het geval op die 18de dag van die eerste maand terwyl die koring nog net gedeeltelik in die aar was (Lev 23:8-14). Die fees was ook genoem die eerste vrugte. Tydens die fees, was die eerstelingsgerf voor die aangesig van die Here beweeg, “sodat julle welgevallig kan wees”.

  • Die fees van die weke (Oesfees) (Lev 23:1; Eks 23:16). Die fees – later bekend as Pinkster – is 50 dae ná die begin van die Pasga gevier. Tydens die fees is die eerstelingsbrood as beweegoffer voor die aangesig van die Here gebring. Dit was in wese ‘n landboufees waar die eerstelinge van die oes aan God gewy is. Hierdie fees is op die dag na die Sabbat gehou. Met ander woorde, op die eerste dag van die week.

  • Die fees van die trompetgeklank en die insameling (Loofhuttefees) (Lev 23:23-43; Eks 23:16). Op die eerste dag (nuwemaan) van die 7de maand was dit ‘n gedenkdag deur basuingeklank (Num 29:1). Op die 10de dag was dit die groot versoendag (Lev 23:27). Op die 15de dag van die 7de maand is dit sewe dae lank die huttefees vir die Here. Die volk het sewe dae lank in hutte wat van takke gemaak is, gewoon – uit dank vir die oes, maar ook as ‘n herinnering aan die dae toe hulle in die woestyn in tente gewoon het (Lev 23:43). Hierdie fees was ‘n herfsfees aan die einde van die insameling van die vrugteoes. 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Die Feestye van die Here

Ons lees in die boek Levitikus dat die Here met Moses gespreek het rakende die heilige samekomste: “Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige samekomste...

More

Ons wil graag Raymond Lombard Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.raymondlombard.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid