Leesplan inligting

Die Feestye van die HereVoorbeeld

Die Feestye van die Here

DAG 3 VAN 5

DRIE BYEENKOMSTE


Hierdie drie byeenkomste in die jaar waartydens hierdie feeste gehou was is beskou as heilige samekomste waarop gewone werk gestaak is. 


Daar was ook later ander feeste ingestel wat nie in die Bybelse wette (Boeke van Moses) genoem word nie. Een daarvan was die Purimfees (Ester 9), om die redding van die Jode uit die hand van Haman te gedenk. Later lees ons van die Fees van die tempelwyding (Joh 10:22), wat die reiniging van die tempel ná die ontheiliging daarvan deur Antiochus Epiphanes in 168v.C. gedenk het. 


Die feeste wat Moses vir die kinders van Israel moes uitroep, was versprei tussen die eerste en die sewende maand. Die feestye van die Here het met die Paasfees (Pasga) begin en met die huttefees geëindig.


Die eerste maand (Abib) was die Pasga en die fees van die ongesuurde brode; dit was die eerste heilige samekoms. Die tweede heilige samekoms was in die derde maand (Sivan), die fees van die weke (Oesfees) ook bekend as Pinkster. Die derde heilige samekoms was in die sewende maand (Tisri), die loofhuttefees en die gepaardgaande fees van trompette.


Die feestye begin met ‘n sabbat, ‘n volkome rusdag en eindig ook met ‘n rusdag, met feesvieringe tussen-in. Ons lees in Kolossense 2:16-17: “Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie, wat ‘n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus”.  Die feestye van die Here bied dus ‘n skadubeeld (soos die offerandes) van die toekomstige dinge en is daarom belangrik om by stil te staan.


Ons lees dan ook in Hebreërs 10:1 “Want die wet wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, ...” en lei ons daaruit af dat die skaduwee heenwys na die toekoms, en as profeties gesien kan word, wat in Christus vervulling gekry het. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Die Feestye van die Here

Ons lees in die boek Levitikus dat die Here met Moses gespreek het rakende die heilige samekomste: “Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige samekomste...

More

Ons wil graag Raymond Lombard Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.raymondlombard.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid