Leesplan inligting

Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek JohannesVoorbeeld

Jesus Is Life

DAG 9 VAN 25

Drie Stappe na Onverskrokke Geloof



Johannes se verslag van Jesus beweeg verder toe Hy sy eerste twee dissipels geroep het (Johannes 1:37-42). Wie is hierdie dissipels? Ons weet een was Andréas. Andréas was 'n visserman van beroep. In Johannes 1:38 staan daar: “Toe Jesus omkyk en sien dat hulle Hom volg, vra Hy vir hulle: 'Wat soek julle?'’” 



Hierdie vraag is soortgelyk aan een wat Jesus in Markus 10:51 vir 'n blinde man gevra het. Dit lyk dalk redelik voor die hand liggend wat die blinde man sou wou hê — sy sig, nie waar nie? Maar Jesus maak geen aannames nie. Sy vraag is gerig op ons harte en ons antwoord weerspieël waar ons is en ook die diepte van ons geloof. 



Ons sien dus in hierdie gedeelte in Johannes 1:37-42, drie stappe van onverskrokke geloof.




  1. 1. Kies om te glo. Dit was redelik moedig van hierdie ouens om iemand te volg wat hulle nie eens ken nie. Hulle het net van Jesus gehoor, maar hoe weet hulle Hy is wie Johannes sê Hy is? Hulle het gekies om te glo. 

  2. 2. Staan tyd aan Jesus af. Die dissipels het tyd met Jesus deurgebring, en in vers 39 sal jy God se uitnodiging aan hulle sien. Hy hou daarvan dat ons tyd aan Hom afstaan. Daar is 'n verhaal in Lukas 10:38 waar Jesus by twee susters, Maria en Martha, gaan kuier. Jy kan dalk met hierdie verhaal identifiseer. Martha was so besig om haar partytjie perfek vir Jesus reg te maak dat sy vergeet het om tyd met Jesus deur te bring. Intussen sit Maria aan Jesus se voete. Martha kla by Jesus oor haar suster se gebrek aan hulp, maar Jesus sê Maria wat tyd aan Hom gewy het, het wys gekies deur nie meegesleur te word deur die bekommernisse van die wêreld nie.

  3. 3. Versprei die Woord. Johannes 1:40-42 wys vir ons, die eerste ding wat Andreas doen nadat hy Jesus begin volg het, was om sy broer Simon daarvan te vertel. Hy het Simon na Jesus toe gebring. Met ander woorde, hy het die woord versprei sodat ander Jesus kon volg. 



Onverskrokke geloof begin met 'n keuse. 'n Keuse om te glo wat God in sy Woord sê en te weet dat Hy meer as genoeg is. Die enigste manier waarop ons kan weet wat Hy sê, is om tyd met Hom deur te bring. Dit is hoe ons God regtig leer ken. Uit ons ervaring en oorvloed kan ons nie anders as om die goeie nuus te versprei sodat ander Hom ook kan ervaar nie. 



Nadenke: 



Is jy gereed vir die dinge wat jy van God vra? 



Wat glo jy is Jesus in staat om vir jou te voorsien?



Hoe lyk onverskrokke geloof in jou lewe? 



Gebed:



Wonderlike Vader dankie vir u Woord! Daarin vind ons u beloftes, u teenwoordigheid en u vrede. Maak my hart oop vir die waarheid van u Woord. Openbaar Uself aan my deur elke vers sodat ek die vrymoedigheid kan hê om dit met ander te deel. Vandag vra ek U vir 'n onverskrokke geloof wat U kies, tyd met U deurbring en U met ander deel. Dankie vir u teenwoordigheid en u nimmereindigende geduld.  



*Onthou om tred te hou met die skryf van jou Jesus is … joernaal!  


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Is Life

Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid