Leesplan inligting

Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek JohannesVoorbeeld

Jesus Is Life

DAG 12 VAN 25

Alles teen God se Tydsberekening



My uur het nog nie gekom nie.” Bybelkommentators het 'n verskeidenheid van menings wat Jesus moontlik met hierdie stelling aan sy moeder, in Johannes 2:4, bedoel het. Maria het waarskynlik verwag dat Jesus die probleem met die wyntekort op 'n openbare manier sou oplos. Jesus, wat geweet het dit was nog nie tyd vir sy openbare wonderwerke nie, het 'n ander manier gekies om die bruilofsgashere te help. 



Jesus het sy eerste wonderwerk baie oordeelkundig uitgevoer. Hy het geweet dat sy Vader se tydrooster baie belangrik was. 



Jesus het gekies om binne die grense van sy Vader se tydsberekening te werk om sy missie te volbring. Elke oomblik het saak gemaak. Regdeur Jesus se lewe, sien ons Hom verwys na hierdie beginsel van 'n “gepaste tyd”. 



Terwyl ons van die gepaste tyd gepraat, is dit so dat ons almal ons Godgegewe lotsbestemmings wil uitleef. Tydsberekening is beslis 'n noodsaaklike deel hiervan. Ons moet egter sensitief wees vir die Heilige Gees en nie te gou by iets betrokke raak nie. As ons God se planne vir ons wil uitleef, beteken dit nie ons moet lui of afgetrokke rondsit nie. 



Op die regte oomblik het Maria vir die kelners gesê: “Wat Hy ook al vir julle sê, moet julle doen” (Johannes 2:5). Daarop het Jesus vir hulle gesê: “Maak die kanne vol water” (Johannes 2:7). Albei het geloof vereis. Soos ons gister geleer het, moet ons geloof in dade oorgaan. 



Wees bemoedig dat ons die regte tydsberekening van God se doel vir ons te midde van elke geloofstree sal ervaar. As ons deur geloof lewe, die Heilige Gees biddende met elke geloofstree vertrou, sal ons in staat wees om terug te kyk en baie oomblikke ontdek wat met God se doel deurdrenk was. 



Nadenke: 



Wat leer ons van Jesus se verhouding met God die Vader deur sy begrip van "die gepaste tydsberekening"?



Wat beteken die idee van "'n gepaste tyd" oor die dinge rakende jou eie lewe? 



Gebed: 



Alwetende Vader, ek loof U vir u wysheid en perfekte tydsberekening! Ek vertrou dat U die planne wat U vir my het op die gepaste tye sal openbaar. Skenk my die hart, verstand en oë van Jesus sodat my lewe U voortdurend sal verheerlik. 



*Skryf wat jy vandag oor Jesus leer in jou Jesus Is … joernaal.  


Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Is Life

Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid