Leesplan inligting

Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek JohannesVoorbeeld

Jesus Is Life

DAG 11 VAN 25

Lewe in Verwagting 



Om water in wyn te verander was die eerste opgetekende wonderwerk, of teken, wat Jesus in die Skrif gedoen het. Hierdie "tekens" of wonderwerke in die boek Johannes leer ons 'n paar dinge oor Jesus se identiteit.



Wat dink jy openbaar die verandering van water in wyn oor Jesus? Wat sou Maria, Jesus se ma, daardie dag geweet het?



Ek dink nie Maria het presies geweet wat Jesus gaan doen nie — sy het net geweet Hy is in staat om die situasie te hanteer. Maria het 'n ingesteldheid van verwagting gehad. Soos Maria, moet ons altyd verwag dat God in staat is om vir enige probleem hoop te bring.



Maria kon maklik aanvaar het dat die wyn by die troue opgeraak het, maar sy het nie. Wat weet Maria wat ons nie weet nie? Een ding is seker — as 'n Jodin het Maria die groot sosiale verleentheid vir die bruilofsgashere begryp dat die wyn opgeraak het. Wyn was 'n simbool van vreugde en oorvloed, en 'n Joodse troue was een van die mees vreugdevolle geleenthede. 



Die Joodse volk sou ook geweet het dat wyn 'n simbool van hul voorspelde toekoms by 'n Messiaanse bruilofsfees is, wanneer die volk van Israel met hul Verlosser verenig sou word (Jesaja 25:6).



In hierdie Skrifgedeelte leer Maria ons twee dinge oor verwagting. Eerstens moet ons oorgaan tot dade. Ons kan nie net hoop dat dinge gaan verander nie. Maria se geloof het haar tot die daad laat oorgaan.



Tweedens, 'n geloof met verwagting is aansteeklik. Maria het haar verwagting aan die kelners oorgedra, en hulle het dit opgevolg met Jesus se oënskynlik belaglike versoek om kanne met water te vul. Stel jou voor dat die kelners 540 liter water in die kanne kom gooi, terwyl hulle eintlik wyn nodig gehad het! 



Net soos Maria moet ons Jesus vanuit 'n ingesteldheid van verwagting nader. Daar is nie ruimte vir teleurstelling nie. Hoekom nie? As ons werklik glo dat sy weg die beste is, verwyder dit alle selfsugtige verwagtinge of wat ons dink die beste is. 



Watter behoeftes jy ook al op die oomblik het, vra vir Jesus om hulp, neem jou volgende stap van geloof, en verwag dat Jesus sy goedheid sal openbaar. Dit maak dalk nie sin nie. Jy sal dalk wyn nodig hê en water moet gaan haal, maar jy kan na Jesus kom met verwagting dat Hy alles ten goede gaan laat meewerk.



Nadenke: 



In watter areas van jou lewe moet jy God nader met 'n ingesteldheid van verwagting?



Gebed: 



Liefdevolle Vader, ek tree nou op! Ek laat my ongeloof nou agter! Ek kies om te leef met geloof en afwagtend vervul, dat U alles ten goede sal laat meewerk. Vandag sien ek met verwagting uit (stel jou versoek) en vertrou dat u planne baie beter as my eie is. 



*Gaan voort met die goeie werk met jou Jesus Is … joernaal!  


Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Is Life

Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid