Leesplan inligting

Beter Saam: Soek God Saam Met Ander MenseVoorbeeld

Better Together: Seeking God With Others

DAG 6 VAN 7

Vergewe Sonder Voorbehoud.



Vergifnis is nie iets wat net partykeer gedoen moet word nie; dit is 'n permanente ingesteldheid. - Martin Luther King, Jnr.


Jy het seker al baie vergelykings en frases gehoor oor vergifnis, soos die volgende:


Vergifnis is om 'n gevangene vry te laat en te ontdek dat jy die gevangene was. 

Jy moet 'n dapper persoon wees om te sê jy is jammer oor iets, en 'n nog dapperder persoon om vergifnis te vra.

Vergifnis maak jou nie 'n swak persoon nie, dit maak jou vry. 


Hierdie gesegdes is waar en ons glo dit dalk. Maar, om een of ander rede, sukkel ons nog om die mense wat die naaste aan ons is te vergewe. Hoekom? Want dit is pynlik. Wanneer 'n persoon ons seermaak, voel ons aaklik. Om dit nie teen hulle te hou nie, is nie eers 'n oorweging vir ons nie. Hulle moet boete doen vir dit wat hulle aan ons gedoen het, en ons dink dis die regte ding om hulle nie te vergewe nie.


Hulle is egter nie die persone wat daaronder ly nie. Onvergifnis verteer ons siele. Dit is skadelik vir ons, en nie vir die persoon wat ons nie bereid is om te vergewe nie. Dit is natuurlik soveel moeiliker as dit iemand na aan ons is wat ons seergemaak het; iemand saam met wie ons leef, in ons gemeenskap. Om vergifnis deel van ons alledaagse lewe te maak is noodsaaklik vir die gemeenskap van gelowiges, en ook vir ons eie geestesgesondheid.


C.S. Lewis het gesê: "Om 'n Christen te wees, beteken jy moet die onvergeefbare vergewe, want God het die onvergeefbare in jou vergewe." Vir een of ander rede dink ons dat ons sonde nie so erg is soos iemand anders s'n nie. Ons kyk na iemand wat gewapende roof gepleeg het en dink hoe verskriklik dit is. Terselfdertyd maak ons verskoning vir ons geskinder oor al die jare, en die wit leuentjies wat ons vertel het, want ons dink "dit is nie so erg nie." 


Die probleem met hierdie denkpatroon is dat ons onsself met iemand anders vergelyk. As ons mense as standaard gebruik, sal ons gedurig die pot mis sit, want mense verskil. As Jesus egter ons standaard is, sal ons baie gou besef dat ons slegte gedrag en geskinder sonde is. Ons sal besef dat selfs ons nie perfek is nie. Ons kan nie die aanname maak dat ons sonde nie so erg is nie. Die gevolge is dalk anders, maar alle sonde voldoen nie aan God se standaarde nie. 


Mense sal ons teleurstel. Hulle sal ons in die steek laat. Selfs die mense na aan ons. Net soos God ons sonde vergewe het, moet ons ook ander s'n vergewe: ons moet hulle vrylaat. Wanneer dit ons ingesteldheid is, is dit baie makliker om iemand te vergewe en kan ons in vryheid leef. 


Oordink



  • Vergewe jy maklik of is dit vir jou moeilik? Hoekom?

  • Wie moet jy vergewe? Vra God om jou te help om te kies om die persoon te vergewe.

  • Skryf enige openbaring neer wat God vandag vir jou gee deur die Skrifgedeelte of oordenking.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Better Together: Seeking God With Others

God het nooit bedoel dat ons alleen moet leef nie. Ons het ander gelowiges in ons lewe nodig as ons meer soos God wil wees. Of jy nou ongelooflike mense in jou lewe het, en of jy hulle nog nie gevind het nie, maak nie sa...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid