Leesplan inligting

Beter Saam: Soek God Saam Met Ander MenseVoorbeeld

Better Together: Seeking God With Others

DAG 2 VAN 7

Soek Eensgesindheid.



Gelowiges word nooit gevra om een te word nie; hulle is alreeds een en daar word van hulle verwag om so op te tree. - Joni Eareckson Tada 


As volgelinge van Christus is eenheid belangrik, want die doel daarmee is om God te verheerlik. Om "eendersdenkend" te wees, behoort ons gemeenskap dieselfde handboek te hê waarvolgens ons leef: Die Bybel. Wanneer die Bybel die bloudruk vir ons lewens is, kan ons in eensgesindheid met ander gelowiges leef.


Dis egter nie altyd so maklik nie. Daar is so baie groepe in die Christengemeenskap wat dink dat hulle manier en hulle interpretasie, die enigste aanvaarbare is. Ons raak ontsteld oor die kleinste dingetjies en selfs meer ontsteld as ander nie net soos ons oor daardie dinge voel nie. Hier volg 'n paar maniere waarop ons, as Christus se volgelinge, eensgesindheid kan nastreef:


Begin met jouself. 

Pastoor Craig Groeschel sê: "Ons beoordeel ander volgens hulle optrede, maar onsself volgens ons bedoelings." Van nature fokus ons op die tekortkominge van ander en kyk ons eie tekortkominge mis. As gevolg daarvan, groei verdeeldheid in ons harte. As ons meer tyd daaraan wy om dieselfde genade aan ander te bewys as wat ons vir onsself toe-eien, sal ons meer eensgesindheid ondervind met mense met wie ons nie so goed oor die weg kom nie. 


Liefde bo alles. 

Toe Jesus oor die grootste gebod uitgevra is, het Hy geantwoord dat daar twee is: wees lief vir die Here én vir jou naaste. Wanneer ons ontsteld is en niks liefde vir ons geestelike broers en suster oor het nie, moet ons terugval op liefde. Ons moet onthou dat ons nie vyande van mekaar is nie. 


Moenie stry nie, fokus op samehorigheid. 

Daar sal altyd iets wees waaroor ons verskil. Dis 'n groter uitdaging om te fokus op dit waaroor ons wel saamstem. Die boodskap van die evangelie is eenvoudig: God het sy Seun aarde toe gestuur om aan 'n kruis te sterf om ons sonde te bedek. Wanneer ons daardie gratis geskenk van verlossing aanvaar, kan ons die ewigheid saam met God deurbring. Dis nou vir jou eensgesindheid! As ons oor minder belangrike leerstellings stry, speel ons in die Satan se hande. 


Eensgesindheid is baie belangrik vir die gemeenskap van eendersdenkende volgelinge van Christus. Ons hoef nie oor alles saam te stem nie, ons moet net daarna strewe om verhoudings te bou en mekaar bo alles lief te hê. As ons almal se oë op Jesus gerig is en ons Hom toelaat om ons ten volle te lei en die oortuiging van die Heilige Gees aanvaar, sal eensgesindheid binne ons bereik wees.


Oordink



  • Is jy 'n persoon wat geneig is om na jou eie uitdagings te kyk of fokus jy op die tekortkominge van die mense in jou lewe?

  • Watter een ding in jou lewe kan jy verander sodat jy met mede-gelowiges en jou hegste gemeenskap eensgesind kan wees?

  • Skryf enige openbaring neer wat God vandag vir jou deur die Skrifgedeelte of oordenking gee.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Better Together: Seeking God With Others

God het nooit bedoel dat ons alleen moet leef nie. Ons het ander gelowiges in ons lewe nodig as ons meer soos God wil wees. Of jy nou ongelooflike mense in jou lewe het, en of jy hulle nog nie gevind het nie, maak nie sa...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid