Leesplan inligting

Leef In Sy Lig Deur Nina SmitVoorbeeld

Leef In Sy Lig Deur Nina Smit

DAG 5 VAN 5

In God se teenwoordigheid


Wanneer Josua die leisels by Moses moet oorneem, is God self daar om hom te bemoedig: Hy mag maar sterk en dapper wees, omdat God saam met hom sal wees en hom nooit in die steek sal laat nie. 


Geloof maak dit vir God se kinders moontlik om elke nuwe dag vreesloos en met vertroue in te gaan, omdat hulle seker weet dat God by hulle is. Hulle weet dat hulle in die nuwe dag wat voorlê op Sy wysheid en hulp kan staatmaak; oomblik vir oomblik deur gebed met Hom kan kommunikeer, en van die stem van die Heilige Gees bewus kan word en dit gehoorsaam. “Wees stil en weet Ek is God! Ek sal vereer word deur die nasies, verhewe wees oor die hele aarde,” sê God in die woorde van Psalm 46:11.


Mense laat ánder mense dikwels in die steek. Elke mens is immers van geboorte af sondig, selfsugtig en verwaand. Ons bly maar belangriker vir onsself as vir ander mense. God verskil radikaal van ons. Hy is absoluut betroubaar – as Hy beloof dat Hy Sy kinders nooit sal verlaat nie, dat Hy ons nooit in die steek sal laat nie, mag ons weet dat dit so sál gebeur. Om daardie rede kan ons vreesloos leef met die besef dat ons God as ’n Helper het, en dus nie vir mense bang hoef te wees nie.


Word ’n rukkie stil en dink aan wat jou geloof vir jóú beteken: God is vandag by jóú, die belofte dat Hy Sy kinders nooit sal los nie, is ook aan jou adres gerig. Omdat jy in Hom glo, kan jy elke dag seker wees van Sy teenwoordigheid en Sy beskerming. 


Gebed


Hemelse Vader, ek loof U dat ek vandag op U teenwoordigheid in my lewe mag reken, dat ek seker mag weet dat U by my is, dat U my sal help en my nooit, ooit in die steek sal laat nie. Amen.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Leef In Sy Lig Deur Nina Smit

Nina Smit se kenmerkende bemoedigende styl vol praktiese raad spoor die leser aan om bewus te wees van God se teenwoordigheid. Nooi God om deel te wees van elke aspek van jou lewe en elke dag in sy lig te lewe. Die inhou...

More

Ons wil graag vir Struik Christian Media en Nina Smit bedank vir die verskaffing van

hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za/leef-in-sy-lig-grootdruk-hardeband

 

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid