Leesplan inligting

Leef In Sy Lig Deur Nina SmitVoorbeeld

Leef In Sy Lig Deur Nina Smit

DAG 1 VAN 5

Die seën van God se voorsiening


God beloof dat Hy Sy volk met oorvloed sal seën en vir hulle alles sal gee wat hulle nodig het. Hierdie belofte doen Hy dan ook gestand terwyl hulle veertig jaar lank, ná die uittog uit Egipte, in die woestyn moet rondswerf. Hy voorsien vir hulle water in die woestyn en manna en kwartels vir kos. In Deuteronomium 29:5 sê die Here: “Vir 40 jaar lank het ek julle deur die woestyn gelei sonder dat julle klere of sandale ooit verweer het.”


Jy kan vandag nog staatmaak op die seën van God se voorsiening vir jou. Op die oomblik is baie mense bekommerd oor hul finansies, maar Jesus beloof in Sy Bergpreek dat ons ons nie hoef te bekommer oor wat ons sal eet of wat ons sal aantrek nie. Daarom hoef jy nooit bekommerd te wees oor die toekoms nie. God weet presies wat jy nodig het. Indien jy sy koninkryk eerste stel, sal Hy in alles wat jy nodig het, voorsien (sien Matteus 6:25–34).


Elke kind van God is aan die ontvangkant van Sy seën – soms gaan dit net so moeilik met ons dat ons vergeet om ons seëninge te tel. Dit is juis die heel beste ding wat jy kán doen wanneer die lewe met sy rugkant na jou staan, want dié mense wat geleer het om hul seëninge te tel in swaarkrytye, het die geheim ontdek hoe om waarlik gelukkig te wees.


Vertrou Hom om jou te bederf met die seën van Sy voorsiening. 


Gebed


Vader, hoe goed is U tog vir my dat ek elke dag mag getuig dat U vir my alles wat ek nodig het, in oorvloed gee. Help my om altyd U koninkryk eerste te stel. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Leef In Sy Lig Deur Nina Smit

Nina Smit se kenmerkende bemoedigende styl vol praktiese raad spoor die leser aan om bewus te wees van God se teenwoordigheid. Nooi God om deel te wees van elke aspek van jou lewe en elke dag in sy lig te lewe. Die inhou...

More

Ons wil graag vir Struik Christian Media en Nina Smit bedank vir die verskaffing van

hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za/leef-in-sy-lig-grootdruk-hardeband

 

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid