Leesplan inligting

Leef In Sy Lig Deur Nina SmitVoorbeeld

Leef In Sy Lig Deur Nina Smit

DAG 2 VAN 5

Die Gees sluit God se Woord oop


Wanneer Jesus Sy dissipels vertel van die Heilige Gees wat Hy, ná Sy hemelvaart, in Sy plek na die wêreld toe gaan stuur, sê Hy vir hulle dat dié Gees hulle in die waarheid gaan lei. So ’n bietjie later in Sy gebed vra Hy dat Sy volgelinge aan God toegewy sal wees deur die waarheid en voeg daarby: “U woord is die waarheid.” Wanneer jy stiltetyd hou, begin om die Heilige Gees te vra om God se Woord vir jou oop te sluit, om jou te help om te verstaan wat God vir jou persoonlik wil sê.


Sonder die insette van die Heilige Gees en die insig wat Hy jou gee wanneer jy met jou Bybel besig raak, sal jy God se wil en leiding nooit regtig kan begryp nie. Dit is die Gees wat God se wil vir jou verduidelik en jou help om in lyn met daardie wil te leef. Sodra jy buitekant God se wil optree, waarsku die Gees jou dat jy met verkeerde dinge besig is. Maar of jy na daardie “stemmetjie” gaan luister, hang net van jouself af. Die Heilige Gees dwing niemand om enigiets te doen nie, maar laat die keuse altyd aan óns oor.


As jy gewillig is om hierdie leiding van die Heilige Gees te volg, gaan daar vir seker ’n positiewe verandering in jou lewe plaasvind. Maak in die vervolg meer tyd om na die Gees se stem te luister, maak meer tyd vir Bybelstudie en gebed en jy sal ontdek dat jou verhouding met God verinnig.


Gebed


Heilige Gees, ek bid dat U altyd God se Woord vir my sal oopsluit, sodat ek die Bybelse boodskap helder en duidelik sal kan hoor en dit in my lewe kan toepas. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Leef In Sy Lig Deur Nina Smit

Nina Smit se kenmerkende bemoedigende styl vol praktiese raad spoor die leser aan om bewus te wees van God se teenwoordigheid. Nooi God om deel te wees van elke aspek van jou lewe en elke dag in sy lig te lewe. Die inhou...

More

Ons wil graag vir Struik Christian Media en Nina Smit bedank vir die verskaffing van

hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za/leef-in-sy-lig-grootdruk-hardeband

 

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid