Leesplan inligting

Leef In Sy Lig Deur Nina SmitVoorbeeld

Leef In Sy Lig Deur Nina Smit

DAG 4 VAN 5

God tel selfs jou hare


God se kinders hoef nie vir mense bang te wees nie, sê Jesus vir sy dissipels. Hy weet selfs wanneer twee mossies omkom en Hy gee ook vir húlle om. ’n Mossie is maar min werd. As God dus vir die onbelangrike mossies so goed sorg, hoeveel te meer sal Hy nie vir ons sorg nie? 


God is ten volle in beheer van alle dinge. Hy weet ook wat jý nodig het. God gee in soveel besonderhede vir jou om dat selfs elke haar van jou getel is. Die Boodskap se weergawe van hierdie teksvers lui dat ons “van kop tot tone” vir God belangrik is. Niks kan ooit met jou gebeur waarvan God nie weet nie. En jy kan nooit in ’n situasie beland waaruit Hy jou nie kan red nie.


Die feit dat God Sy kinders bewaar, wil egter nie sê dat jy nooit lyding en dood in jou lewe sal ervaar nie, maar wel dat God in alles wat met jou gebeur teenwoordig sal wees. Om hierdie rede is vrees onnodig – vir God is Sy kinders eindeloos meer werd as baie mossies. As Hy vir hulle sorg, sal Hy dit sekerlik ook vir ons, Sy kinders, doen.


God se teenwoordigheid in jou lewe vrywaar jou nie van donker tye nie, maar dit sal jou deur jou eie donker dieptes help. Jy kan staatmaak op Sy belofte dat jy by Hom veilig is vir tyd en ewigheid. Hy beloof om jou weer uit die donkerte te lei totdat jy eendag veilig by Hom in die hemel ontvang sal word.


Gebed


Hemelse Vader, dit is wonderlik dat U soveel vir my omgee dat U van elke klein besonderheidjie van my lewe kennis dra. Dankie dat U in beheer van my lewe is. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Leef In Sy Lig Deur Nina Smit

Nina Smit se kenmerkende bemoedigende styl vol praktiese raad spoor die leser aan om bewus te wees van God se teenwoordigheid. Nooi God om deel te wees van elke aspek van jou lewe en elke dag in sy lig te lewe. Die inhou...

More

Ons wil graag vir Struik Christian Media en Nina Smit bedank vir die verskaffing van

hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za/leef-in-sy-lig-grootdruk-hardeband

 

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid