Leesplan inligting

Beloftes vir u Alledaagse LeweVoorbeeld

Beloftes vir u Alledaagse Lewe

DAG 9 VAN 14

Grense het ‘n doel! 


“Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys.” Spreuke 3:5-6 NLV


Van die belangrikste dinge wat ons in die lewe kan doen is om selfbeheersing en selfdissipline toe te pas, asook grense in ons lewens in te stel. ‘n Lewe sonder dissipline is ‘n lewe vol nalatigheid. 


Die Woord van God vestig die nodige grense om ons in God se veiligheidsarea te hou. Dit sê vir ons wat ons kan doen en wat ons eerder nie moet doen nie, om veilig te wees.


As Christene kan ons dink dat dit opwindend is om roekeloos te leef. Ons hou van die idee van “Ja, dis ek! Ek lewe op die grense van die lewe!” Dit het ‘n populêre manier geword om na die lewe te kyk, maar om eerlik te wees, God wil nie hê ons moet so lewe nie. As ons konstant op of buite die grenslyne leef, het ons geen ruimte vir foute nie. 


Paaie het lyne, een aan elke kant en een in die middel. Hierdie grenslyne gee vir ons ekstra plek as ons bestuur. As ons oor die lyne aan die kant gaan, ry ons van die pad af. As ons oor die lyn in die middel gaan, kan ons doodgery word. Ons hou van daardie lyne, want dit help om ons veilig te hou. 


Dit is presies so in ons persoonlike lewens. As ons grenslyne het, voel ons baie beter en ervaar God se vrede. 


Die sleutel is om na God se Woord te gaan, waar Hy alles uiteengesit het in terme van die grenslyne vir ons lewens. Laat God toe om jou elke dag op jou pad te lei. 


Gebed: 


God, ek besef hoe ek grenslyne benodig in my lewe. Wys my hoe ek gesonde grenslyne in my lewe kan toepas vandag soos ek U Woord lees.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Beloftes vir u Alledaagse Lewe

Begin u dag met 'n praktiese Bybelonderrig van Joyce Meyer. Hierdie daaglikse toewyding sal jou hoop gee, help om jou gedagtes te verfris en te ontdek dat jy elke dag met doel en passie kan leef!

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid