Leesplan inligting

Beloftes vir u Alledaagse LeweVoorbeeld

Beloftes vir u Alledaagse Lewe

DAG 13 VAN 14

Die belangrikheid van voltooiing


“Ek het U op aarde verheerlik deur die werk te voltooi wat U My gegee het om te doen.” Johannes 17:4 NLV


‘n Hele paar jaar gelede het ek ‘n vers gelees wat my voor die Here laat huil het. In Johannes 17:4 sê Jesus dat Hy God glorie gebring het op aarde deur die werk te voltooi wat Hy Hom gegee het. Dit sê vir my dat om God te volg, beteken dat ons die werk moet voltooi waarvoor Hy ons roep. 


Vandat ek daardie vers gelees het, het dit vir my verskriklik belangrik geword om nie net te doen waarvoor God my geroep het nie, maar om die werk klaar te maak. 


Daar is baie mense wat met ‘n nuwe reis met die Here in hulle lewe begin, maar ek dink nie daar is so baie van ons wat dit dan wel klaarmaak nie. 


Die apostel Paulus het gesê: "… as ek maar net my lewenstaak kan voltooi en die dienswerk wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaar maak..." (Handelinge 20:24). 


Ek is vasberade om God se roeping op my lewe te voltooi en om elke oomblik daarvan te geniet! Dit is wat ek vir jou ook wil hê: om elke dag van jou lewe te geniet en klaar te maak met dit waarvoor God jou geroep het. 


Maar meeste hiervan hang van ons self af. Dit hang nie alles van God af nie. Hy het Sy deel gedoen en het ons alles in Christus Jesus gegee wat ons nodig het. Dit is nou ons verantwoordelikheid om aan te hou leer, groei en toe te laat dat die Heilige Gees deur ons werk. 


Maak 'n bietjie tyd om te dink aan die dinge waarvoor God jou roep en vra jouself af of jy werklik besig is om voor te berei om sterk klaar te maak? 


God het wonderlike planne vir jou. Ontvang dit deur geloof en volg dit na met jou hele hart. Vandag wil ek hê jy moet ‘n besluit neem om sterk klaar te maak. Dit is ‘n besluit wat ek weet die Here sal eer. 


Gebed:


God, ek wil kan sê dat ek die werk wat U vir my gehad het klaargemaak het, net soos Jesus het. Dankie vir die werk wat U binne my doen om my die krag en begeerte te gee om vir U te lewe en my doel en reis  met vreugde klaar te maak!  

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Beloftes vir u Alledaagse Lewe

Begin u dag met 'n praktiese Bybelonderrig van Joyce Meyer. Hierdie daaglikse toewyding sal jou hoop gee, help om jou gedagtes te verfris en te ontdek dat jy elke dag met doel en passie kan leef!

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid