Leesplan inligting

Beloftes vir u Alledaagse LeweVoorbeeld

Beloftes vir u Alledaagse Lewe

DAG 12 VAN 14

Vry om vasberade te wees 


“Op hierdie manier kan ek Christus ken en die krag beleef wat Hom laat opstaan het. Deur saam met Hom te ly kry ek deel aan sy dood in die hoop dat ek die opstanding uit die dood kan beleef!” Filippense 3:10-11 NLV


  


Om God absoluut vasberade na te streef is nie noodwending maklik nie, maar dit is beslis die moeite werd! Maar, jy kan nie werklik vir God nastreef as jy nog nie regte vryheid ervaar het nie. 


God is in die vrymakingsbesigheid en dit is wonderlik om vry te wees van skuldgevoelens en veroordeling en om altyd te wonder wat mense van ons dink. 


Ons is vry van die vrees van mislukking wanneer ons weet wie ons in Christus is. Dit gee ons die vrymoedigheid om God se beloftes na te streef. 


Een van die grootste vrymakings wat God my gegee het, was die vryheid om net myself te kan wees. Vir jare het ek probeer om iemand te wees wie ek nie is nie en ek het altyd gevoel ek moet “sus of so” wees, maar geweet ek is nie soos ander mense nie. Ek het aanhou probeer om soos ander mense te wees, totdat ek deur my verhouding met God geleer het hoe Hy my geskep het. Dit het my vrygemaak van myself, sodat ek kon fokus op Jesus en na ander uitreik soos Hy wou gehad het.


Filippense 3 sê dat Paulus vasbeslote en vasberade was om alles te verkry waarvoor Jesus gesterf het. Om Hom te ken en die krag van Sy opstanding. Ek glo wanneer ons wedergebore is, begin daar ‘n gees van vasberadenheid binne ons opkom. Ons kan dit die Heilige Gees, passie of ywer noem, en dit is wat ons die “oempf” gee wat ons nodig het in moeilike tye, wanneer ons moet sê: “Ek sal nie moed opgee om ‘n intieme, passievolle, diep, persoonlike verhouding met God te hê nie. Ek sal nie moed opgee om alles te wees wat God wil hê ek moet wees nie!”


Wees vasberade in jou geloof en ontvang God se beloftes. Onthou, jy behoort aan Hom en Hy het jou ‘n gees van vasberadenheid gegee!


Gebed: 


God, ek wil ‘n nuwe lewe leef, om U en U beloftes vasberade na te streef . Ek vertrou dat U my sal help om alles te wees wat U my geskep het om te wees en totale vryheid te ervaar.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Beloftes vir u Alledaagse Lewe

Begin u dag met 'n praktiese Bybelonderrig van Joyce Meyer. Hierdie daaglikse toewyding sal jou hoop gee, help om jou gedagtes te verfris en te ontdek dat jy elke dag met doel en passie kan leef!

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid