Leesplan inligting

Beloftes vir u Alledaagse LeweVoorbeeld

Beloftes vir u Alledaagse Lewe

DAG 1 VAN 14

Hoe om elke dag Sy teenwoordigheid in jou lewe te ervaar


Jesus antwoord hom toe: “As iemand My liefhet, sal hy my boodskap gehoorsaam uitvoer; en my Vader sal hom ook liefhê en Ons sal na hom toe kom en by hom tuisgaan.” Johannes 14:23 NLV


Die lewe is besig en vol dinge wat jou aandag aftrek. Dit is so maklik om vasgevang te word in ons eie bekommernisse, take en worstelinge dat ons maklik sig kan verloor van wat werklik saak maak. 


Daar is ‘n interessante storie aan die einde van Lukas 2, waar Josef en Maria vir Jesus na Jerusalem geneem vir die Paasfees toe Hy twaalf jaar oud was. Toe die fees verby was en hulle terug begin reis het, het hulle aangeneem Hy is saam met hulle. 


Ek wonder hoeveel keer neem ons aan God is met ons wanneer ons voortgaan en ons eie ding begin doen? 


Maar hier is die interessante deel. Josef en Maria het ‘n hele dag lank gereis voordat hulle besef het Jesus is nie by hulle nie en toe neem dit hulle drie dae om Hom te vind. Drie dae! Die boodskap hier is dat dit makliker is om God se spesiale teenwoordigheid te verloor as wat dit is om dit terug te kry as ons dit eers verloor het.


Ons moet baie versigtig wees om in God se teenwoordigheid te bly. As ons dit doen, laat ons God welkom voel in ons harte. 


Dit begin eenvoudig deur gehoorsaam te wees aan Sy Woord. ‘n Hartsbesluit om weg te draai van gedrag wat vir God aanstootlik is, is die eerste teken van geestelike volwassenheid. Dit wys dat jy omgee oor wat Hy dink. 


Dit beteken dat jy kies om vrygewig te wees teenoor ander, jy leer om te vergewe, jy laat nie toe dat beledigings jou vrede steel nie en lewe in vrede. Wanneer ons kies om spesifiek te wees met ons woorde, danksegging aan God te gee en ander mense oplig, sal ons elke dag naby voel aan God. 


Gebed:


Vader, dankie dat U U huis in my hart gemaak het. Ek het U teenwoordigheid nodig vandag Here. Help my om U te eer met my gedagtes en woorde en om ‘n seëning vir dié rondom my te wees.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Beloftes vir u Alledaagse Lewe

Begin u dag met 'n praktiese Bybelonderrig van Joyce Meyer. Hierdie daaglikse toewyding sal jou hoop gee, help om jou gedagtes te verfris en te ontdek dat jy elke dag met doel en passie kan leef!

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid