Leesplan inligting

Jesus ruik na mirre en stofVoorbeeld

Jesus ruik na mirre en stof

DAG 4 VAN 7

Na parfuum




Een van Jesus se reukstories is van die vrou wat parfuum oor Jesus uitgegiet het kort voor sy kruisiging. Seker het hierdie vrou nie die bedoeling gehad om Jesus te salf vir sy dood nie. Sy het haar liefde en aanbidding kom uitgiet, maar Jesus weet waarheen Hy op pad is, Hy weet wat sy roeping is en wat Hy vir haar moet doen.


Leonard Sweet het lank terug vir my hierdie storie oopgebreek. Hierdie reukolie of parfuum, sou aan Jesus se lyf kleef en aan sy hare sit tot die Vrydag van sy kruisiging. Die kans dat Jesus gebad het en die olie alles afgewas het, is redelik skraal. 


Daardie Donderdagaand het Hy bloed gesweet. Dink vir ’n oomblik wat met parfuum gebeur wanneer jy sweet? Die reuk word vrygestel, en reuk is die kragtigste wanneer dit kom by herinneringe oproep.


Aan wie sou Jesus gedink het elke keer as Hy die reukolie geruik het?


Aan haar.


Wanneer Jesus die volgende oggend gegesel word, sou Sy liggaam in skok ingaan. Wat gebeur onder andere wanneer ’n mens se liggaam in skok gaan? Jy sweet – baie. Die sweet sou die reuk weer vrygestel het en aan wie sou Jesus dink? Vir wie vat Hy die houe?


Vir haar.


Wanneer hulle Hom op die kruis neerlê en die spykers deur sy hande gedryf word, Hy opgehys word en daar in die son hang, aan wie sou Jesus dink? Aan wie het die reukolie wat nog in sy hare sit Hom onmiddellik laat dink?


Aan haar.


Wie het Jesus aan die kruis gehou? Vir wie het Hy gesterf?


Vir haar.


Len het verduidelik dat die universele altyd via die spesifieke bereik word. Vir wie veg mense in oorloë? Vir hul land? Nee, vir hul familie, hul mans, vrouens, en kinders by die huis. Die kleine is die pad na die grote.


Jesus gee sy lewe vir die hele skepping, maar sy is in sy gedagtes daardie Vrydag. Haar liefde, haar berou, haar kosbare offer, haar behoefte aan ’n nuwe lewe en ’n God wat naby en tasbaar en liefdevol is.


Sy verteenwoordig ons almal.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Jesus ruik na mirre en stof

By sy geboorte het Jesus na mirre geruik; daarna lees ons weer by die kruisiging van mirre. Tussen krip en kruis en graf het Jesus na baie dinge geruik. As timmerman het Hy na hout geruik, by sy dissipels op die skuite h...

More

Ons wil graag NB Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.luxverbi.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid