Leesplan inligting

Jesus ruik na mirre en stofVoorbeeld

Jesus ruik na mirre en stof

DAG 2 VAN 7

Na stof en sweet  


In Genesis sien ons God stap in die tuin. Dit is een van die eerste beelde wat ons van God kry – so mooi, so sag en oop. Stap het nie die aggressie of vrees van hardloop nie. Ek dink nie enigiemand wandel op ’n slagveld of stap weg van gevaar nie. God wandel; daar is niks wat Hom jaag of bedreig nie, niks wat Hy nodig het om te oorwin nie.


God kom na die mens toe in die tuin om saam met hom te stap.


God sit nie alleen ver op ’n troon en gooi weerligstrale af nie; God het saam met sy mense kom stap.


Jesus het gestap.


Baie.


Hy sou verseker gesweet het, veral in daardie warm Judese son. En vol stof geword het. Hy het nou nie eintlik op teerpaaie met toe skoene geloop nie. Die meeste mense het daardie tyd ook net een stel klere gehad. Dink hoe ruik daardie kleed na ’n paar dae op die pad Jerusalem toe. Dink hoe het Jesus geruik.


Jesus het kom stap en sweet saam met sy dissipels op die stofpaaie.


Ons almal wat agter Jesus aan stap, leer gou van sweet en stof, dat dit nie maklik is om “mense van die Weg” te wees nie. Dit is wat Christene van die begin af genoem is: “Mense van die Weg”, want ons loop. Ons staan nie stil nie. Ons beweeg. Ons volg ’n bewegende God. ’n God wat in die tuin kom wandel het, wat die mens kom soek het. ’n God wat op die aarde in die stofpaaie kom loop het en langs die pad geslaap het. ’n God wat steeds elkeen van ons roep om te gaan om ander te vertel dat hulle ook kan saam stap.


Die groot werk is gedoen. Ons werk is net om te gaan vertel dat al ons sweet in die tuin van Getsemane uitgesweet is, dat ons gesweet nie meer nodig is nie. 


Dat Jesus klaar deur die doderyk gestap het en ander kant uit.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Jesus ruik na mirre en stof

By sy geboorte het Jesus na mirre geruik; daarna lees ons weer by die kruisiging van mirre. Tussen krip en kruis en graf het Jesus na baie dinge geruik. As timmerman het Hy na hout geruik, by sy dissipels op die skuite h...

More

Ons wil graag NB Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.luxverbi.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid