Leesplan inligting

Jesus ruik na mirre en stofVoorbeeld

Jesus ruik na mirre en stof

DAG 3 VAN 7

Na kos en wyn


In die antieke tyd het mense baie wyn gedrink. Dit was veiliger as water en in tye van droogte een van die enigste drink-dinge wat daar was. Wyn in die Bybelse tyd het vinnig ’n simbool vir lewe en geluk geword, in so ’n mate dat dit as simbool vir die verbond tussen God en Israel gebruik is (Jes 25:6).


In die tyd van Jesus het mense twee maaltye per dag geëet as hulle gelukkig was, meeste mense het honger gely. Om te gaan eet by iemand was dus ’n groot voorreg. Etes was meer as net kos. Wie om jou tafel sit, was jou gelykes, die groep waaraan jy behoort het. In Jesus se wêreld was daar dus duidelike grense tussen die mense wat in is en die wat uit is.


Om Jesus se tafel kry ons nie net een eksklusiewe groep nie, ons kry ook die armes, die siekes, en die sondaars. Jesus nooi almal, letterlik almal, om deel te wees van sy tafel. Die vroeë kerk is geken aan hulle gemeenskaplike etes, hulle liefdesmaaltye.


Ons eet te min saam met prostitute en moordenaars, saam met mense wat nie die reëls nakom nie. Ons deel nie ons tafels met buitestanders, skeptiese mense, arm mense, predikers sonder grade (kan jy jou indink), enkelouers, eenvoudige moeilike mense, of moeilike eenvoudige mense nie.


Soort soek soort en natuurlike skeidslyne is heel aanvaarbaar, reg? Skape en bokke meng mos nie? Kulture verskil in elk geval tog so baie, kom ons hou dit maar liewer mooi apart. Dit is tog so lekker as dit net ons mense by die vakansieoord is, of hoe?


Dit is om ’n tafel waar Jesus wyn en brood gevat het en sy liggaam en bloed met ons gedeel het sodat ons deel van Hom kan word.


Jesus ruik soos goeie wyn, wyn wat almal vrolik maak en insluit. Jesus ruik soos goeie kos op ’n oop tafel gedek vir die wêreld.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Jesus ruik na mirre en stof

By sy geboorte het Jesus na mirre geruik; daarna lees ons weer by die kruisiging van mirre. Tussen krip en kruis en graf het Jesus na baie dinge geruik. As timmerman het Hy na hout geruik, by sy dissipels op die skuite h...

More

Ons wil graag NB Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.luxverbi.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid