Filippense Voorbeeld

Philippians

DAG 1 VAN 5

Begin vandag om aan die hand van Filippense Verduidelik die gewoonte van Bybellees te vestig! Sluit by Kris Langham aan op sy hoofstuk-vir-hoofstuk klankreis deur Paulus se kragtige brief oor vreugde en moed ten aanskoue van uitdagende beproewings. Hierin sal jy binne tien minute elke dag 'n duidelike en oortuigende toepassing ontvang uit Paulus se hulp aan die kerk om die intense vreugde te ondervind wat 'n gedeelde stryd en gedeelde opdrag meebring.

Inleiding tot Filippense | Saam In Die Opdrag

Jy is welkom by Filippense Verduidelik wat deur "Through the Word" aangebied word. Jou opdragte vir elke dag is eenvoudig:

Stap 1: Luister daarna. Druk die speel-knoppie om na vandag se klankgids te luister.

Stap 2: Lees dit. Lees (of luister) na vandag se Skrifgedeelte.

Stap 3: Leef dit uit. Dink na oor wat jy gelees het en pas dit vandag in jou lewe toe. Indien jy hierdie leesplan saam met vriende volg, kan julle dít wat julle daaruit verstaan het en vrae wat julle mag hê, met mekaar deel en mekaar aanmoedig om wat julle geleer het, uit te leef.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Philippians

Indien jy in 'n tronk — 'n kerker — sit omdat jy van 'n misdaad aangekla word wat jy nie gepleeg het nie, wat sal jy vir jou vriende skryf? Paulus se brief aan die Filippense kerk openbaar 'n man wat met vreugde vervul is — al sit hy in 'n Romeinse tronk. Filippense is 'n kragbron van moed en vreugde ten aanskoue van erge beproewings. Sluit aan by Kris Langham terwyl hy jou deur die boek, Filippense, lei.

More

"Through the Word" skep bondige klankgidse wat jou kan help om die Bybel te lees, te verstaan, toe te pas en 'n gewoonte te vestig. Jy kan inligting oor nog Bybelgidse en selfs "Through the Word" se toepassing aflaai by http://www.throughtheword.org/