Leesplan inligting

Nege Algemene Leuens wat Christene Glo: Deel 3 van 3 Voorbeeld

9 Common Lies Christians Believe: Part 3 Of 3

DAG 3 VAN 3

Wanneer jy 'n tydperk van moeilikheid en lyding beleef, is dit maklik om te voel asof God van jou vergeet het. Dit is egter 'n leuen. 



God het sy belofte oor die eerste koms van Christus gehou. Net soos die heiliges in die Ou Testament gretig op die eerste koms gewag het, wag ons as Nuwe Testamentiese heiliges gretig op sy tweede koms. Trouens, daar is meer profesieë in die Skrif oor Jesus se tweede koms as sy eerste koms. 



Dit verskaf geweldig baie hoop aan ons. Hy onthou van jou. Hy weet van jou worstelinge, jou lyding en jou hartseer. Hy weet wanneer jy vergete voel en Hy het jou nog steeds lief en onthou jou. Sy belofte aan jou is dat jou lyding 'n vervaldatum het. Dinge sal nie altyd wees soos dit nou is nie. Hy kom terug omdat Hy jou onthou. 



Tog sal sy tweede koms geweldig anders as sy eerste koms wees: 



Jesus se eerste koms na die aarde was as 'n baba. Wanneer Hy terugkom, sal dit as 'n volwaardige koning wees. 



Jesus het met sy eerste koms na die aarde in swakheid en sagmoedigheid gekom. Wanneer Hy terugkom, sal dit in krag en heerlikheid wees. 



Jesus het met sy eerste koms na die aarde as 'n lydende dienaar gekom. Wanneer Hy terugkom, sal Hy as oorwinnende heerser kom. 



Die eerste keer wat Jesus na die aarde gekom het, het baie min mense in die dorpie Betlehem daarvan geweet. Wanneer Hy terugkom, sal almal op aarde weet wie Hy is. 



Die eerste keer wat Jesus na die aarde gekom het, het slegs 'n paar wyse manne voor Hom neergebuig. Wanneer Hy terugkom, sal elke knie voor Hom neerbuig. 



Tog sal daar ook ooreenkomste wees: 



Die eerste keer toe Jesus na die aarde gekom het, was dit omdat Hy jou lief gehad het. Wanneer Hy terugkom, sal Hy kom omdat Hy jou liefhet. 



Die eerste keer toe Jesus na die aarde gekom het, was dit omdat Hy jou onthou het. Wanneer Hy weer kom, sal dit wees omdat Hy jou onthou.



Vrae om oor na te dink: 



Noem 'n paar verskille tussen Jesus se eerste en tweede koms. In watter opsig sal dit vir jou die opwindendste gebeurtenis wees om Jesus van aangesig-tot-aangesig te sien? 



Die waarheid: 



Jesus het jou nie vergeet nie. Hy onthou jou. Jou lyding het 'n vervaldatum.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

9 Common Lies Christians Believe: Part 3 Of 3

Dalk is God nie wie jy dink Hy is nie. Miskien is Hy veel meer. Hierdie leesplan sal help om sommige Christelike, geykte uitdrukkings te identifiseer wat ons almal al gehoor het, maar wat eintlik onbybelse leuens is. Hie...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/567221/9-common-lies-christians-believe-by-shane-pruitt/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid