Leesplan inligting

Nege Algemene Leuens wat Christene Glo: Deel 3 van 3 Voorbeeld

9 Common Lies Christians Believe: Part 3 Of 3

DAG 2 VAN 3

As ons nie daagliks onsself doelbewus aan God se geregtigheid oorgee nie, sal ons almal van nature teruggaan na die eiegeregtige weergawe van onsself. Eiegeregtigheid is 'n gevaarlike leuen wat ons in die sloot van hoogmoed sal laat struikel.



Om regtig hard daaraan te werk sodat God van jou sal hou, is 'n vrug van eiegeregtigheid. Wat behels dit? Dit is jou poging om deur jou eie probeerslae voor God regverdig te word. Eiegeregtigheid word altyd deur die eie-ek beslis. Jy besluit wat reg en verkeerd is. Jy probeer in jou ydelheid beslis wat goed genoeg is om God te behaag. Of, meer korrek gestel, jy besluit wat jou behaag. Jy werk vreeslik hard om by die punt uit te kom waar jy kan sê: "Dit is goed genoeg en ek wed jou God hou nou van my."



Nietemin eindig die weg van eiegeregtigheid altyd in 'n diep sloot. Indien jy hierdie paadjie lank genoeg volg, sal dit so nou raak dat jy uiteindelik in die diep sloot van hoogmoed beland. Hierdie diep sloot van hoogmoed veroorsaak dat jy dink jy het 'n super-Christelike status bereik. Jy dra nou 'n vergulde skild met 'n hoofletter C daarop. Dit skuil onder die kleed van valse nederigheid wat net vir die regte geleentheid wag om sy verskyning te maak. 



Dit is 'n gevaarlike sloot waarin jy jou bevind, want op daardie plek is daar slegs een wat oor geestelike sake regspraak lewer — jy. Of dit nou die predikant se preek of die lirieke van die aanbiddingsgroep se nuutste liedjie is — niks is vir jou diep of reg genoeg nie. Jy is die slimste mens in die vertrek. Jy ken die pad na God se hart. Tog weet jy hier diep binne jou hart dat alles eintlik 'n klug is. Jy is besig om te sterf. Jy is bevrees. Boonop hang hierdie twee ontnugterende verse oor jou kop: 



"Op hoogmoed volg ondergang, op selfverheffing volg die val" (Spreuke 16:18). 



"God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade" (1 Petrus 5:5). 



Vrae om oor na te dink: 



Wat is eiegeregtigheid? Is jy geneig om hoogmoedig te wees in die oomblikke van jou lewe wanneer jy nie op Christus fokus nie? Op watter manier kan jy vandag teen hoogmoed veg?



Die waarheid: 



Christene word nie deur hul eie goeie werke gered nie, maar deur die werk wat Christus gedoen het. Daarom het ons niks om oor hoogmoedig te wees nie. Ons behoort net in Hom te spog.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

9 Common Lies Christians Believe: Part 3 Of 3

Dalk is God nie wie jy dink Hy is nie. Miskien is Hy veel meer. Hierdie leesplan sal help om sommige Christelike, geykte uitdrukkings te identifiseer wat ons almal al gehoor het, maar wat eintlik onbybelse leuens is. Hie...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/567221/9-common-lies-christians-believe-by-shane-pruitt/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid