Leesplan inligting

Nege algemene leuens wat Christene glo: Deel 2 van 3Voorbeeld

9 Common Lies Christians Believe: Part 2 Of 3

DAG 2 VAN 3

Het jy al ooit gevoel asof God jou nie liefhet nie? Miskien voel dit vir jou asof Hy nie vir jou omgee nie. Dit is alles leuens. 



God het jou lief met 'n volmaakte liefde. Hy word gemotiveer en tree teenoor sy skepping op volgens sy "agape" liefde. Agape is 'n Griekse woord vir die uiterste selfopofferende soort liefde. Agape liefde is die soort wat altyd verbind word met die liefde van God en die manier hoe Hy daardie volmaakte liefde aan sy skepping oordra. Hierdie soort liefde sal ons slegs van God af ervaar. Ander mense kan dit nie vir ons gee nie, want 'n natuurlike, menslike soort liefde skiet ver tekort van agape liefde. 



Verhoudings word meestal op 'n "as — dan" soort liefde gebou, of die meer bekende uitdrukking: voorwaardelike liefde. As jy doen wat ek graag wil hê jy moet doen, dan sal ek jou liefhê. As jy my liefhet, dan sal ek jou op my beurt liefhê. Daarteenoor is God se liefde onvoorwaardelik. Hy het ons lief selfs wanneer ons verbrou. Hy beskik oor die vermoë om diegene lief te hê wat Hom nie eens liefhet nie. 



Hierdie liefde dra God aan ons oor wanneer ons dit nie eens verdien nie. Hy gee dit vir ons sonder om terugbetaling te verwag, want ons kan glad nie. Dit is waarlik 'n onvoorwaardelike soort liefde. "Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was" (Romeine 5:8). 



Jy hoef nie eens hard te probeer dat God van jou moet hou nie, want Hy het jou alreeds diep, volmaak, onvoorwaardelik lief. Hy was al lief vir jou voor jy nog 'n kans gehad het om iets vir Hom te doen. Hy het jou selfs al liefgehad voor Hy jou geskep het. Raak 'n oomblik stil om hierdie brokkie waarheid ten volle te begryp. 



Dink jy God gee nie vir jou om nie? Hy het jou al liefgehad voor Hy jou geskep het! "So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees" (Efesiërs 1:4-5). 



Vrae om oor na te dink: 



Wat beteken agape? Is hierdie begrip van liefde vir jou vreemd of bekend?



Die waarheid: Jy hoef nie hard te werk sodat God van jou moet hou nie, want God het jou alreeds volmaak lief. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

9 Common Lies Christians Believe: Part 2 Of 3

Dalk is God nie wie jy dink Hy is nie. Miskien is Hy veel meer. Hierdie leesplan sal help om sommige Christelike, geykte uitdrukkings te identifiseer wat ons almal al gehoor het, maar wat eintlik onbybelse leuens is. Hie...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/567221/9-common-lies-christians-believe-by-shane-pruitt/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid